’n Leser het dié waarskuwing aan Die Pos gestuur nadat hy onlangs in die begraafplaas oorval is. Die man, wat verkies om anoniem te bly, het aan Die Pos gesê dat hy sy grootouers se grafte tydens die onlangse langnaweek besoek het.
ADVERTENSIE/ADVERTISEMENT
“Ek het geweet dat dit gevaarlik is om alleen soontoe te gaan, maar daar was nog mense saam met my. Ten spyte daarvan is ek deur vier mans aangeval en van my selfoon beroof. Ek is seergemaak,” het hy gesê.
“Ek kon my motorsleutel uit my sak kry en weggooi terwyl een van die mans op my rug en my keel getrap het,” het hy gesê. “Dis uiters gevaarlik daar. Asseblief bly eerder weg daar.”
Daar is nie ’n klag by die polisie ingedien nie. Die leser het bygevoeg dat die begraafplaas wel mooi netjies onderhou word.
AO James Findlay, woordvoerder van die Modimolle-polisie, het by navraag gesê hulle het nie onlangse klagtes van voorvalle in die begraafplaas ontvang nie.
“Dit is belangrik dat mense wel ’n klag lê sodat ons weet waar daar probleme ondervind word.”
Die enigste voorval naby die begraafplaas wat volgens hom wel onlangs aangemeld is, is ’n voorval waar ’n man wat ’n saamrygeleentheid vanaf Vaalwater gekry het, van sy selfoon beroof is deur die bestuurder van die voertuig toe hy naby die begraafplaas stilgehou het.
Baie dankie aan Pavecon sonder wie se hulp die plasing van dié aanlynberig nie moontlik sou wees nie.