CrimeNews

Inbrekers op heterdaad betrap

’n Eg­paar van Modi­mol­le het groot ge­skrik toe hul­le in­bre­kers op he­ter­daad in hul huis be­trap het.

Drie mans het verlede Dins­dag­og­gend 29 September om 04:00 die dief­we­ring van ’n huis in Swart­wit­pens­straat oop­ge­dwing het om toe­gang tot die huis te ver­kry, het AO James Find­lay, woord­voer­der van die Mo­di­mol­le-po­li­sie, ge­sê.

Vol­gens Jan­dré van Elle­wee het sy vrou, Hen­riët­te, vroeg die og­gend wak­ker ge­word. Sy het iets ge­hoor en ’n be­we­ging in die gang ge­sien.

“Ons het in die ka­mer ge­bly en men­se wat na­by ons woon en deel is van die Heritage Protection Group (HPG) ge­ska­kel. Lede van HPG was binne oomblikke op die to­neel,” het hy ge­sê.

Die HPG-man­ne het van bui­te af met flit­se deur die huis se ven­sters ge­skyn en die in­bre­kers die skrik op die lyf ge­jaag.

“Die mans het eers die skuif­deur pro­beer oop­skop, maar toe hul­le dit nie reg­gekry het nie, het hul­le deur die groot ven­ster in die sit­ka­mer ge­spring,” het Van Ellewee ge­sê.

Die polisie het bevestig dat niks ge­steel is nie en nie­mand is in die voor­val be­seer nie. Die po­li­sie, HPG- en an­der vei­lig­heids­groe­pe het die mans ag­ter­na ge­sit.

Hul­le het vermoedelik in die oop veld naby die wa­ter­to­ring in die rig­ting van Bela-Bela ge­vlug.

“As ek vir eni­giemand kan raadgee: Maak se­ker jy het die po­li­sie en jou bu­re se tele­foon­nom­mers op jou sel­foon. As so iets ge­beur, het ’n mens nie tyd om te soek nie,” het Van Elle­wee ge­sê.

In­wo­ners word aan­ge­raai om op hul hoe­de te wees.

“Dit raak nou saans warm, maar ons raai men­se aan om hul ven­sters waar moont­lik toe te hou. ’n Alarm­stel­sel is ’n goeie af­skrik­mid­del en ’n klein hond­jie in die huis help baie om in­bre­kers af te skrik,” het Find­lay ge­sê.

Die Mo­di­mol­le-po­li­sie se nood­nom­mers is tel. 071 690 8529, tel. 071656 7029 en tel. (014)718 1190.

Related Articles

Back to top button