CrimeNews

Vermeende motordiewe met gif in voertuig vasgetrek

Ge­dug­te span­werk het ge­sorg dat vier ver­meen­de motor­die­we ver­le­de week aan­ge­keer is.

Volgens AO James Find­lay, woord­voer­der van die Modi­mol­le-po­li­sie, was daar die afge­lo­pe maand ’n vlaag motor­dief­stal­le, of ge­val­le waar daar aan voer­tuie gepeuter is, in die Eers­be­woond- en R101-om­ge­wing tus­sen Modi­molle en Bela-Bela.

Lede van die Modi­molle-speur­tak, vi­suele po­li­siërings­een­heid, mis­daad­in­tel­li­gen­sie en gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) het saam met lede van Bela-Bela se lan­de­like vei­lig­heid en vi­sue­le po­li­siërings­een­heid en TrackerSA gewerk om die net al stywer om die verdag­tes te span.

Volgens Findlay het AO Ross Ros­souw van die Modi­mol­le-speur­tak onder­soek inge­stel en ’n verdagte wit Volks­wa­gen GTI Golf se bewegings is uitgewys.

Die voertuig is op Woens­dag 23 Sep­tem­ber om 05:30 na­by die Ca­rousel-tol­pla­za op­ge­merk en die bestuurder is van die pad ­ge­trek.

“Vier mans is in heg­te­nis ge­neem. Te­mik-gif, asook kabel­bin­ders, is in die voertuig ge­vind. Twee van die mans is Mosam­biek­se bur­gers en die ander twee se doku­men­te dui aan dat hul­le Suid-Afri­ka­ners is. Die egt­heid van die do­ku­men­te sal na­ge­gaan word,” het Find­lay ge­sê.

Te­mik is ’n do­de­like gif vir mens en dier en word dik­wels ge­bruik om wag­hon­de mee te ver­gif­tig. Vol­gens Find­lay word die vier mans ook ver­bind met sake in die Vry­staat.

Related Articles

Back to top button