CrimeNews

Polisie slaan toe op vermeende renosterstropers

Drie ver­meen­de re­nos­ter­stro­pers is die af­ge­lo­pe week net bui­te Vaal­wa­ter op die R33-pad aan­ge­keer.

Die po­li­sie en vei­lig­heids­groe­pe was et­li­ke dae reeds op die uit­kyk vir die mans, toe ’n wit Chevro­let-bak­kie net bui­te die dorp opgemerk is, het Ben Engel­brecht van die Heritage Protection Group (HPG) ge­sê.

Die drie mans is aan­ge­keer en ’n .375-jag­­g­e­weer met ’n aan­tal rond­tes am­mu­ni­sie, ’n knal­dem­per en ’n mes is in die voer­tuig ge­vind.

Die po­li­sie se eenheid vir be­dreig­de spe­sies, asook die plaas­li­ke po­li­sie, HPG, San­par­ke en pri­vaat vei­lig­heids­groe­pe was by die ope­rasie betrokke.

Die mans, wat vol­gens Engel­brecht Mo­sam­biek­se bur­gers is, se ouder­dom­me wis­sel tussen 25 en 45.

“Ons soek al lank na een van die ver­dag­tes weens verskeie an­der aanklag­te van re­nos­ter­stro­pe­ry,” het hy ge­sê.

Twee van die mans sal eers­daags in die hof in Modi­mol­le ver­skyn op aanklag­te van same­swe­ring om ’n mis­daad te pleeg (re­nos­ter­stro­pery) en die be­sit van ’n on­ge­li­sen­sieer­de vuur­wa­pen en am­mu­ni­sie.

Die der­de man sal in die hof in Tha­ba­zim­bi ver­skyn op aanklag­ van renos­ter­stro­pery. Lt. genl. Nneke Ledwa­ba, pro­vin­sia­le po­li­sie­kom­mis­sa­ris, het die inheg­te­nis­neming ver­wel­kom en in­wo­ners wat in­lig­ting ver­skaf het, be­dank.

In­lig­ting soos dié lei dik­wels tot suk­ses­volle optredes en dan kan stropers vervolg word, het hy gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button