CrimeNews

Op-en-wakker polisie keer vier verdagtes aan

Vier niks­ver­moe­den­de ver­dag­tes het ’n on­wel­ko­me ont­vangs in Modi­molle ge­kry toe die po­li­sie hulle inge­wag het voor­dat hulle ’n voet in die dorp kon sit.

Al vier mans in ’n ma­roen­kleu­rige Nis­san is op Woens­dag 23 Sep­tem­ber in heg­te­nis ge­neem op aanklag­te van die besit van ’n ge­steel­de voer­tuig.

Vol­gens AO James Find­lay, woord­voer­der van die Modi­mol­le-po­li­sie, is die voer­tuig waar­in hul­le ge­reis het in Yeo­ville, Johannesburg, ge­steel.

Videomateriaal van ka­me­ra­s langs die roete het die voer­tuig uitgewys en die po­­li­­sie en vei­lig­heids­groepe was op die uitkyk daar­voor. Vol­gens Find­lay word die vier mans deur die Yeo­ville-po­li­sie op nog aanklag­te ge­soek.

Verdere inligting was nie teen druktyd beskikbaar nie. Jo­han Mos­tert, ’n in­wo­ner wat ty­dens die operasie verby­ge­ry het, het ’n fo­to ge­neem.

Hy het aan Die Pos gesê ’n po­li­sie­span van Jo­han­nes­burg was ook op die to­neel en die ver­dag­tes is vinnig aangekeer.

Related Articles

Back to top button