CrimeNews

Groot applous toe polisie in hoofstraat toeslaan

Be­la-Be­la se hoof­straat, Chris Haniweg, was op Vry­dag 18 Sep­tem­ber ’n miernes van bedrywigheid toe talle nuuskieriges toegekyk het hoe die Bela-Bela-polisie ’n groep verdagtes in polisievoertuie gelaai het.

Die teenwoordigheid van ’n polisiehelikopter van Polokwane het ook baie aandag getrek.

Die voorval het voor die Creativity-klere­win­kel plaas­ge­vind. Die ska­re was in hul skik met die po­lisie se reak­sie en het spontaan begin han­de ­klap toe die polisie­voer­tuie weg­getrek het.

 

ADVERTENSIE / ADVERTISEMENT:

 

Daar is aanvanklik beweer dat vier mense die oggend by ’n rooftog betrok­ke was, maar vol­gens sers. Frans Mapon­ya, po­lisie­woord­voer­der, is die vier mans aange­keer weens die be­sit van ver­moedelik gesteelde voer­tuie. Daar is op twee Volks­wa­gen Po­lo-voer­tuie be­slag ge­lê.

“Die po­li­sie was besig met ’n optrede in die Water­berg-dis­trik en het die twee verdag­te voer­tuie voor die win­kel ge­waar en onder­soek ingestel,” het Mapon­ya ge­sê.

Die operasie is geloods om misdaadvoorkoming te verbeter.

“Ondersoekwerk het getoon daar is met die betrokke voer­tuie se enjinnom­mers gepeu­ter. Daar het geen rooftog plaasgevind nie en die ver­dag­tes het ook geen vuur­wa­pens by hulle ge­had nie,” het hy ge­sê.

Inwoners was uiters behoedsaam omdat daar op Woens­dag 16 Septem­ber ’n rooftog by Acker­mans, direk langs Creativity, plaas­ge­vind het.

Mapon­ya het gesê vier gewa­pen­de ver­dag­tes het twee dae tevore die Acker­mans-winkel be­tree, die per­so­neel aan­ge­hou en toe met ’n onbeken­de be­drag kon­tant en self­one op die vlug geslaan.

Dié groep het in ’n sil­werkleurige VW Po­lo met ’n Oos-Kaap­se nom­mer­plaat gevlug. Hulle is nog op vrye voet.

Die ver­dag­tes wat Vry­dag aan­ge­keer is, is volgens die polisie inwoners van Giyani en So­shan­guve. Hulle sal eersdaags in die landdroshof in Bela-Bela verskyn.

Mapon­ya het ge­sê ver­de­re onder­soek sal be­paal of die groep met an­der mis­da­de ver­bind word.


Baie dankie aan André Kock en Seun sonder wie se hulp die plasing van dié aanlynberig nie moontlik sou wees nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button