CrimeNews

Veeboere betoog by hof teen borgtog

Drie mans het in die hof ver­skyn na­dat hul­le glo bees­te in Crecy ge­steel het.

’n Groep boe­re van die Roed­tan- en Crecy-omge­wing het op Dins­dag 8 Sep­tem­ber uit rade­loos­heid oor die ska­de wat hul­le aan die hand van vee­die­we ly, pro­tes aange­te­ken ty­dens die hof­ver­sky­ning van vee­diewe in Moko­pane.

Drie mans het op dié dag in die hof ver­skyn na­dat hul­le glo bees­te in Crecy ge­steel het.

 

ADVERTENSIE / ADVERTISEMENT

 

Vol­gens Floris Booysen, voor­sit­ter van die Pot­gie­ters­rus-DLU, ly boe­re dui­sen­de ran­de ska­de en het hulle daarom be­sluit om hul teen­kan­ting teen die toestaan van borgtog te toon.

Die saak is uit­ge­stel tot Dins­dag 15 Sep­tem­ber en geen borgtog is toe­ge­staan nie.

Vee­diewe het boonop op Vry­dag­aand 11 Sep­tem­ber ’n boer in die Mook­go­phong-omge­wing groot ska­de be­rok­ken toe hul­le 27 ska­pe ge­steel het.

Vol­gens AO Har­dus Els van die Modi­mol­le-po­li­sie se vee­dief­stal­een­heid het die die­we die ska­pe op ’n bak­kie en sleep­waen­tjie ge­laai. Die ska­pe is dor­per/meat­masterkrui­sings en van hul­le is ge­wo­ne wit en swart dor­pers, ter­wyl ander bruin van kleur is. Hul­le is met geel oor­plaat­jies ge­merk maar nie gebrandmerk nie.

“Boe­re moet nou pa­raat wees en ver­se­ker hul vee is vei­lig. Wan­neer vee op die kor­rek­te manier ge­merk is, is dit mak­liker om hul­le op te spoor,” het hy ge­sê.

Die die­we is steeds op vrye voet. Volgens Els word beeste wat in die Modimolle-omgewing ge­steel word, dik­wels na Nor­tham of Polo­kwa­ne ge­neem om daar ver­koop te word,” het hy ge­sê.

Alte­same 12 ver­meen­de vee­diewe is in Augus­tus in heg­te­nis ge­neem vir die dief­stal van 21 bees­te in die omge­wing.


Baie dankie aan André Kock en Seun sonder wie se hulp die plasing van dié aanlynberig nie moontlik sou wees nie.

Related Articles

Back to top button