CrimeNews

Moordver­dag­tes wil borgtog­aan­soeke bring

Twee verdagtes wat verbind word met moordsake in onderskeidelik Sett­lers en Ra­dium beoog albei om vir borgtog aansoek te doen.

Os­car Ma­shi­loane (42) word ver­bind met die moord op Han­nes Prins­loo, ’n afgetrede boer en sake­man, wat in 2009 by sy huis in Noha­neng, ’n paar ki­lo­me­ter vanaf Sett­lers, ver­moor is.

Mashiloane het op Woens­dag 2 Sep­tem­ber in die Be­la-Be­la-landd­ros­hof ver­skyn.

Hy het die polisie 11 jaar lank ontduik, maar is onlangs in Mame­lo­di aan­ge­keer. Nog ver­dag­tes word ge­soek in verband met dié moord. Ma­shi­loa­ne se saak is in­tus­sen uit­ge­stel na Maan­dag 14 Sep­tem­ber. Hy het aangedui dat hy beoog om aansoek te doen om borg­tog. Hy is steeds in aan­hou­ding.

  • Die polisie het ook ’n deurbraak gemaak toe hulle ’n verdagte aangekeer het in verband met die moord verlede jaar op Simon Male­bane en Da­niel Ngoa­gamo­be. Die twee mans is in die Klip­pan-omgewing bui­te Ra­dium op ’n plaas ver­moor. Male­bane het op die plaas ge­boer en Ngoa­gamobe was ’n plaas­wer­ker.

    ’n Po­lisie­woord­voer­der het des­tyds ge­sê Male­bane is dood na­dat hy erg aan­ge­rand is. Ngoa­ga­mobe is met ’n skiet­wond aan­getref en is op die toneel dood verklaar.

    ’n Ver­dagte, Le­li­mo Ma­fo­ka (21), is onlangs in Johannesburg in ver­band met dié mis­daad aangekeer. Hy sou op Dins­dag 8 Sep­tem­ber ’n borg­tog­aan­soek in die Bela-Bela-landdroshof bring.

    Teen druk­tyd was die uit­slag van die saak nog nie be­kend. Kapt. R­enier Schut­te van die Be­la-Be­la-po­lisie, is die on­der­soek­beamp­te in albei sa­ke.

Related Articles

Back to top button