CrimeNews

Vermeende vee­die­we vas

Vyf ver­meen­de vee­die­we is op Son­dag 27 Au­gus­tus in Be­la-Be­la aangekeer en daarna is nog twee in Mo­ko­pa­ne in­ heg­te­nis ge­neem na­dat die po­li­sie ’n voertuig vol bees­te in ’n roetinepadblokkade op die R101 gehou het.

Kol. Moat­she Ngoe­pe, pro­vin­siale po­lisie­woord­voer­der, het in ’n ver­kla­ring ge­sê die po­li­sie het teen on­ge­veer 05:45 ’n pad­blok­ka­de ge­hou waarty­dens die beamp­tes ’n Ford Ranger-bak­kie wat se­we bees­te agter­op ’n sleep­wa ver­voer het, van die pad getrek het.

Daar was vyf ver­dag­tes in die voer­tuig. Die beamp­tes het die insit­ten­des uit­ge­vra oor eienaarskap en die herkoms van die beeste.

Die beamp­tes het gevra om die nodige permitte vir die vervoer van die beeste te sien.

By gebrek aan die dokumente is ondersoek ingestel en is die bestuurder van die voertuig en die passasiers in hegtenis geneem, het Ngoepe ge­sê. Sers. Frans Ma­pon­ya, Be­la-Be­la-polisi­ewoord­voer­der, het ge­sê die po­li­sie het ná verdere on­der­soek die­self­de dag nog twee verdagtes in Moko­pa­ne aan­ge­keer en ver­bind met die groep in Bela-Be­la.

Ngoe­pe het ge­sê die po­li­sie ver­moed tans dat die mans deel is van ’n sin­di­kaat wat die afgelope tyd vee in die Polok­wa­ne-, Ze­be­diela-, Mook­go­phong- en Mah­we­le­reng-omge­wing ge­steel het.

Die ver­dag­tes, Frank Kutu­mela (30), Tha­bo Mbo­ya­ne (35), Peter Mboya­ne (28), Ti­mothy Mona­ma­ne (32), Ma­shudu Net­shi­rem­be (35), Jan Leka­laka­la (32) en Abel Ma­boa (56) het op Maan­dag 31 Augus­tus hul eers­te ver­sky­ning in die Be­la-Be­la-land­dros­hof ge­maak.

Hulle is aangekla van die besit van gesteel­de vee.

Die saak is uit­ge­stel tot Maan­dag 7 Septem­ber vir ver­de­re on­der­soek. Vee-eie­naars wat onlangs deurgeloop het onder veediefstalle kan die po­li­siestasie in Bela-Bela skakel by tel. (014)736 9760/9761 of by tel. 079 889 6514 en help om die beeste uit te ken.

Related Articles

Back to top button