CrimeNews

Man 40 jaar tronk toe nadat hy meisies bedwelm en verkrag

Die hof het gehoor dat hy die mei­sies, wat hy in sy sink­huis aan­ge­hou het, gom laat snuif en hul­le om die beurt ver­krag wan­neer hul­le be­dwelmd was.

’n Man wat jong mei­sies met die hulp van ’n 15-ja­ri­ge slag­of­fer ge­lok en ver­krag het, se turf sit na­dat DNS-be­wy­se on­teen­seg­lik be­wys het dat hy skul­dig is.

Hy is ver­le­de week ’n lang von­nis van 40 jaar in Modi­mol­le-streekhof opgelê.

Die hof het gehoor Ephraim Ma­lo­se Mo­te­be­le (35) het in Augus­tus 2017 die mei­sies, wat hy in sy sink­huis aan­ge­hou het, gom laat snuif en hul­le om die beurt ver­krag wan­neer hul­le be­dwelmd was. Die ge­beu­re het af­ge­speel in die woon­buurt Ba­peing in Phaga­meng.

Die slag­of­fers was tus­sen nege en 15 jaar oud. Mote­be­le is aan­ge­keer na­dat een van die mei­sies se broer haar ge­kry het waar sy langs die pad lê.

Sy kon die huis waar sy aan­ge­hou is vir hom uitwys en hy het die po­li­sie ont­bied. Mote­bele is in sy huis aan­ge­keer saam met die an­der mei­sies wat hy aan­ge­hou het. Hoe­wel hy ty­dens sy ver­hoor vol­ge­hou het dat hy on­skul­dig is, is hy 30 jaar tronk­straf op­ge­lê vir elk­een van die 14 klag­tes van ver­krag­ting teen hom, as­ook ’n ver­de­re 10 jaar vir sek­sue­le voor­be­rei­ding.

Die von­nis­se op die ver­krag­tings­klag­tes sal ge­lyk­ty­dig uit­ge­dien word.

Staats­aan­klaer Do­ria Groe­ne­wald het ty­dens die ver­hoor ge­sê die slag­of­f­ers sal vir die res van hul le­wens met die her­in­ne­ringe van hier­die ge­beu­re saam­leef. Sy het ge­vra dat Mo­tebe­le uit die same­le­wing ver­wy­der word. ’n Ver­slag deur ’n maat­skap­like wer­ker het ook die im­pak van die mis­daad op die kin­ders en hul fa­mi­lies uiteen­gesit.

  • ’n Ro­wer wat ook ’n skrikbewind in Phaga­meng gevoer het, is ook ver­le­de week tot 35 jaar tronk­straf ge­von­nis.

    Thabo Mpho Maja­di­bo­du het in die hof in Modi­mol­le ver­skyn op vyf aanklagtes van roof met ver­swa­ren­de om­stan­dig­hede.

    Hy het die men­se in Uit­brei­ding 10 in Phaga­meng ge­ter­ro­ri­seer deur hul vroeg­og­gend of laat­mid­dag in die bos­se voor te lê.

    Hy het hul­le dan met ’n vuur­wa­pen ge­dreig en hul be­sit­tings en kle­re ge­steel.

    Hy is tot 15 jaar op el­ke aanklag ge­von­nis en 10 jaar op vier van die klag­tes wat same­lo­pend uit­ge­dien sal word. Die staats­aan­klaer was William Makwe­la.

Related Articles

Back to top button