CrimeNews

Moordverdagte dood ná jaagtog

Twee ver­dag­tes het op die vlug geslaan na­dat hul­le be­sef het die po­li­sie is warm op hul spoor.

’n Wil­de jaag­tog deur Modi­mol­le het ge­lei tot die dood van ’n ver­dag­te in ’n plaas­moord­saak in Lepha­la­le.

Loeiende si­re­nes het op Vry­dag­og­gend 21 Augus­tus kort­ston­dig die dorp se rus­tig­heid ver­steur.

Die Modi­mol­le-po­li­sie het in­lig­ting ont­vang dat ’n ver­dag­te mo­tor die dorp van­af Mook­go­phong se kant af binnege­kom het. Dié wit Volks­wagen Polo is vol­gens AO James Find­lay, woord­voer­der, die vo­ri­ge week ty­dens ’n huis­roof in Se­shego by Polo­kwa­ne ge­steel.

 

ADVERTENSIE/ADVERTISEMENT

 

Die twee ver­dag­tes het op die vlug geslaan na­dat hul­le be­sef het die po­li­sie is warm op hul spoor. Die mans het in die rig­ting van Bela-Bela ge­vlug, maar toe in Hans Campher­laan afge­draai en in die smal paad­jie langs Bos­veldsig se fa­se 1-3 beland.

Hul­le het teen ’n boom ge­bots en uit die voer­tuig ge­spring. Le­de van die Modi­molle-po­li­sie was on­mid­del­lik by en een van die ver­dag­tes is ge­skiet.

Hy is op die to­neel dood. Die an­der ver­dag­te is aan­ge­keer.

“Ons het groot ge­skrik toe ons sko­te hoor klap, maar nie ge­weet waar dit van­daan kom nie,” het ’n inwo­ner van Bos­veld­sig aan Die Pos ge­sê.

Sy was vol lof vir die po­li­sie se blit­sige op­tre­de. Find­lay het ge­sê die saak word ver­der onder­soek.

Die po­li­sie het teen druktyd nog nie die oor­le­dene se naam be­kend ge­maak nie.

Sak­kie Louw­rens van Bos­veld Mis­daad­on­der­soe­ke (BMO) het aan Die Pos be­ves­tig dat die oor­le­de­ne ver­bind word met die moord op Pieter (Vink) Pie­ter­se (57) op 6 Februarie 2017 op die plaas Su­madi naby Af­guns buite Lepha­lale.

Pie­terse is ver­moe­delik deur vyf mans in sy slaap oor­val. Die oor­le­dene was uit op borgtog, maar het daarna verdwyn.

Twee van die ver­dag­tes, Phineas Malon­goana en Tha­pelo Mot­sa­mai, het reeds in die hof in Le­pha­lale ver­skyn.


Baie dankie aan Pavecon sonder wie se hulp die plasing van dié aanlynberig nie moontlik sou wees nie.

Related Articles

Back to top button