CrimeNews

Diewe buit selfone in inbraak

Die Acker­mans-kle­re­­win­­kel in die hoof­­straat van Modi­­mol­­le het deur­­g­e­­loop on­­der die­­we.

’n On­­be­­ken­­de hoe­­veel­­heid in­­bre­­k­ers het vol­­gens AO James Find­­lay, woord­­voer­­der van die po­­li­­sie, deur die loop van Maan­dag­nag 24 Augus­tus die win­kel se kom­buis­ven­ster ge­breek en die tra­lies oop­ge­dwing.

“Die deur na die kluis­ka­mer is ook oopgedwing en die ver­dag­tes het met ’n on­be­ken­de hoe­veel­heid sel­fo­ne ge­vlug,” het hy ge­sê.

Find­lay het ge­sê dat dief­stal van voer­tuie in na­bu­rige dor­pe toe­ge­neem het en dat hul­le ver­wag dat die pro­bleem kan oor­vloei na Modi­mol­le.

“Men­se moenie snags hul voertuie in die straat laat nie, maar vei­lig ag­ter ’n ge­slo­te hek par­keer,” het hy ge­waar­sku.

Related Articles

Back to top button