CrimeNews

STOP PLAASMOORDE!

Verskeie bekendes het hul steun gevoeg by die duisende mense wat die protesoptog teen plaasaanvalle in Mookgophong bygewoon het.

Jonk en oud het langs die toegangsroetes na Mookgophong gestroom om hul ondersteuning te wys deur plakkate wat plaasaanvalle veroordeel, omhoog te hou. Dié dorp was ’n miernes van bedrywigheid en die reëlings het vlot verloop. Foto’s: Herman Steyn

   

Groot plaasimplemente en toerusting het deel uitgemaak van die honderde voertuie wat op Dinsdag 18 Augustus in ’n protesoptog deur die hoofstraat van Mookgophong beweeg het. Die ondersteuners het hul misnoeë teenoor die voortslepende plaasaanvalle uitgespreek. Die foto van Alwyn van Zyl, ’n boer van Limpopo wat onlangs in ’n plaasaanval gesterf het, was op verskeie van die voertuie. Foto: Herman Steyn

   

Voertuie het op Dinsdag 18 Augustus vanuit alle windrigtings
op Mookgophong toegesak om deel te hê aan die protesoptog teen plaasaanvalle. Daar was honderde plaasimplemente en gewone voertuie wat ordelik in konvooi tot in die middedorp gery het. Foto: Herman Steyn

Related Articles

Back to top button