CrimeNews

Booswigte beskadig krag-infrastruktuur

’n Ge­sin op die Al­ma-pad buite Be­la-Be­la het die eerste naweek in Au­gus­tus deur­ge­loop na­dat ’n trans­for­ma­tor op hul eien­dom ge­steel is. Die ge­sin was 13 dae sonder krag.

In­wo­ners van die Be­la-Be­la-om­ge­wing is die afgelope paar weke van nood­saak­li­ke mu­ni­si­pa­le dienste ontneem toe booswigte infrastruktuur beskadig en toerusting gesteel het.

Volgens ’n betroubare bron is daar sedert die begin van Augustus drie trans­for­ma­tors gesteel of beskadig en is koperkabels ook in die omgewing gesteel.

Dit het daar­toe ge­lei dat in­wo­ners vir dae son­der elektrisiteit was. ’n Ge­sin op die Al­ma-pad buite Be­la-Be­la het die eerste naweek in Au­gus­tus deur­ge­loop na­dat ’n trans­for­ma­tor op hul eien­dom ge­steel is. Die ge­sin was 13 dae sonder krag.

Die vrou, wat a­no­niem wou bly, het aan Die Pos ge­sê hul­le het ’n klag by die po­li­sie gelê.

Hulle voel egter nou onveilig, want die veiligheidstelsel werk met elektrisiteit. Hulle het ook duisende rande se verlies gely weens vrieskaste wat ontdooi het.

“Ons het uit desperaatheid ’n gas­stoof gekoop. Ons kon nie or­dent­lik bad nie en ons kin­ders kon nie tuis­werk doen nie. El­ke keer dat ons die mu­ni­si­pa­li­teit se kliën­te­diens­sen­trum ge­ska­kel het, was die per­soon aan die ander kant van die lyn ui­ters on­ge­skik.”

Ti­nus Ras, DA-raads­lid van wyk 1, het by navraag ge­sê die mu­ni­si­p­ali­teit het reeds ’n nu­we trans­for­ma­tor be­stel.

Die fout is ná twee weke herstel. By die Vogelstruispan- en Fish Eagle Bay-omgewing is ook voorvalle van transformatordiefstal aangemeld. Die ska­de aan toerusting be­loop meer as R30 000. Vol­gens ’n po­li­sie­woord­voer­der wil dit voorkom asof die diewe kennis dra van hoëvolt-krag­ka­bels.

Dit verg spesialiskennis om aan hierdie kabels te werk sonder die gevaar om doodgeskok te word. Die po­li­sie on­der­soek drie afsonderlike klag­tes van toerusting- en kabeldief­stal.

Talle mense het aan Die Pos beweer dat die booswigte in al die gevalle in die rigting van die Koppewaai-nedersetting gevlug het en dat eiendomme op die Alma-pad geteiken word.

Die polisie wou nie op dié bewerings kommentaar lewer nie. Die po­li­sie moedig die gemeenskap aan om alle dief­stal­ge­val­le aan te meld.

Related Articles

Back to top button