CrimeNews

Polisie blus vermeende smokkelaars se planne

Po­li­sie­beamp­tes wat by die blok­ka­de diens ge­doen het, het die voer­tuig her­ken en die bestuurder van die pad ­ge­trek. Die voertuig was ge­laai met 750 kar­ton­ne siga­ret­te.

Twee vermeende si­ga­ret­smok­ke­laars het ’n on­wel­ko­me ont­vangs by ’n pad­blok­ka­de na­by die Krans­kop-­tol­hek gekry toe le­de van die Modi­molle-po­li­sie hul­le in­ge­wag het.

Vol­gens AO James Find­lay, woord­voer­der van die Modi­mol­le-po­li­sie, het die po­li­sie in­lig­ting van hul intel­li­gen­sie-een­heid ontvang dat daar ’n ver­dag­te voer­tuig tussen Vaal­wa­ter en Mook­go­phong be­weeg wat ver­moe­de­lik siga­ret­te smok­kel.

Po­li­sie­beamp­tes wat by die blok­ka­de diens ge­doen het, het die voer­tuig her­ken en die bestuurder van die pad ­ge­trek.

Die voertuig was ge­laai met 750 kar­ton­ne siga­ret­te. Vol­gens brig. Mo­tla­fela Moja­pelo, pro­vin­siale woord­voer­der, het die po­li­sie ver­skeie suk­ses­se be­reik met pad­blok­kades en an­der op­tre­des wat van­af 2‑9 Augus­tus ge­hou is. Hy het ge­sê 1 419 men­se is regoor die provinsie in heg­te­nis ge­neem.

Dit sluit die inheg­te­nis­na­me van die vier­de ver­dag­te in die gruwelike aan­val op ’n eg­paar van Soek­mekaar in. Voorts is ’n 46-ja­rige man in Moko­pa­ne aan­ge­keer vir die be­sit van ver­moe­de­lik ge­steel­de eien­dom en 30 voertuig­ban­de wat in Maart by ’n on­der­ne­ming in die dorp ge­steel is. Die po­li­sie het ook mis­da­digers wat reeds geruime tyd gesoek word, op­ge­spoor.

Win­kel­sen­trums is ook gereeld besoek om te verseker dat die pu­bliek by die Covid-19-re­gu­lasies hou. Die weer­mag, asook verskeie ver­keers­de­par­temen­te, was hier­by be­trok­ke.

Die polisie het ty­dens dié op­tre­des beslag gelê op wa­pens en am­mu­ni­sie, voer­tuie, mes­se, plas­matele­vi­sies, skoot­re­ke­naars, boutoe­rus­ting, meu­bels, sel­fone, drank en re­nos­ter­kar­kas­se ter waar­de van R146 464 000. Daar is beslag gelê op meer as R500 000 se on­wet­ti­ge siga­ret­te en dwelms.

Related Articles

Back to top button