CrimeNews

Neem deel aan vir­tue­le op­tog teen plaas­moor­de

TLU SA nooi be­lang­stel­len­des wat die boe­re­ge­meen­skap en hul voor­uit­gang op die hart dra om op Vry­dag 14 Au­gus­tus aan ’n vir­tue­le op­tog deel te neem.

Vol­gens hul web­tuis­te het 3 094 men­se reeds ge­re­gis­treer.

Deelnemers moet bin­ne 24 uur 5 530 km “­om” Suid-Af­ri­ka aflê. El­ke ki­lo­me­ter ver­teen­woor­dig een van die tal­le plaas­aan­val­le wat se­dert 1990 ge­sin­ne en plaas­wer­kers se le­wens geraak het.

TLU SA lê klem op die skerp sty­ging in die bru­ta­li­teit wat se­dert die be­gin van die jaar ty­dens plaas­aan­val­le en moor­de op­gemerk word.

Men­se wat wil deel­neem kan die ska­kel www.tlu.co.za/stap-teen-plaasaanvalle/ be­soek en daar re­gis­treer.

Om op hoog­te te bly van wie aan die virtuele op­tog deel­neem, kan men­se www.tlu.co.za/stap/ be­soek. Die vor­de­ring van hoe ver elke deelnemer stap, sal op ’n vir­tue­le kaart aan­ge­dui word.

TLU SA beklemtoon dat alle lewens saak maak en dat dié van boere en hul gesinne en die plaaswerkers ook beskerm moet word. Hul maak staat op men­se se on­der­ste­uning in hierdie veldtog.

Related Articles

Back to top button