CrimeNews

‘Boewe’ beland in hospitaal

Drie mans wat glo vroeër vanjaar in­wo­ners in die Tuin­plaas-om­ge­wing ge­teister het, het in die hos­pi­taal be­land na­dat hul­le deur lede van die ge­meen­skap aan­ge­keer is.

Die mans word ver­bind met 11 voorvalle van dief­stal, huis­braak en vee­dief­stal. Hul­le ouder­dom­me wis­sel tus­sen 34 en 42, het kol. Moat­she Ngoe­pe, pro­vin­sia­le po­li­sie­woord­voer­der, ge­sê.

Die drie is in heg­te­nis ge­neem na­dat in­wo­ners van Ga-Botha Village hul­le aan­ge­keer het. Die po­li­sie is ont­bied en die drie be­seer­de ver­dag­tes is on­der po­li­sie­be­wa­king na ’n plaas­li­ke hos­pi­taal ge­neem.

Die ver­dag­tes het vol­gens die po­li­sie tus­sen Mei en Ju­lie talle huis­bra­ke en vee­dief­stalle in die Wa­ter­berg­streek gepleeg.

Die ver­dag­tes sal eers­daags in die hof ver­skyn.

Related Articles

Back to top button