CrimeNews

Selfoonwinkel in Bela-Bela beroof

“Vier ver­dag­tes het by die win­kel op­ge­daag kort na­dat die win­kel nu­we voor­raad ont­vang het. Twee van die rowers was ge­wa­pen.”

Die Pep Cell-sel­foon­win­kel in die Shoprite-sen­trum in Be­la-Be­la is op Dinsdag 21 Julie vir die tweede keer binne enkele maande helder oordag be­roof.

Dieselfde Pep Cell-winkel het in Jan­ua­rie vanjaar ook onder rowers deurgeloop wat met nuwe selfone laat spaander het.

Vol­gens sers. Frans Ma­pon­ya, po­li­sie­woord­voer­der, het die jongste rooftog teen on­ge­veer 12:45 plaas­ge­vind.

“Vier ver­dag­tes het by die win­kel op­ge­daag kort na­dat die win­kel nu­we voor­raad ont­vang het. Twee van die rowers was ge­wa­pen.”

Die per­so­neellede is na die ag­ter­kant van die win­kel ge­neem waarna die rowers op die kluis- en winkelsleutels aangedring het terwyl hulle die personeellede aan­ge­hou het. Die ro­wers het ’n hele aantal sel­fo­ne en skoot­re­ke­naars uit die kluis, asook kon­tant uit die kas­re­gis­ter, ge­buit.

Die ro­wers het die winkel gesluit voordat hulle op die vlug geslaan het, het Ma­pon­ya ge­sê. Dit is nog on­dui­de­lik hoe hulle gevlug het.

Die po­li­sie is ont­bied na­dat ’n per­so­neel­lid die winkel se a­larm ge­ak­ti­veer het.

  • In ’n ander voorval is vermeende sigaretsmokkelaars in hegtenis geneem.Volgens Maponya is twee buitelanders, ’n man (38) en vrou (27), op Dinsdag 21 Julie in Lu­dorf­straat met on­wet­ti­ge si­ga­ret­pro­duk­te in hul be­sit betrap.Ma­pon­ya het ge­sê die man is met 33 kartonbok­se onwettige sigarette in sy motor betrap en ná verdere ondersoek is die vrou in die paartjie se woning in hegtenis geneem nadat nog 32 kartonbokse daar gevind is.

    Die vrou het ’n skuld­er­ken­ningsboete van R5 000 be­taal en is vry­ge­laat. Die man sal na ver­wag­ting in die Be­la-Be­la-land­dros­hof verskyn op aan­klagte­ wat verband hou met die besit en verkoop van onwettige produkte, asook oortredings van die huidige Covid-19-regulasies.

  • In ’n ander voorval is ’n ver­krag­ter op Maan­dag 20 Ju­lie in die Mo­di­mol­le-streek­hof ge­von­nis.Die saak spruit uit ’n voor­val in Ju­lie 2018 in die Rust de Win­ter-omgewing waar die ver­dag­te sy voor­ma­li­ge vriendin ontvoer en ver­krag het, het Ma­pon­ya ge­sê.Die man is aan­ge­kla van ver­kra­gting, ont­voe­ring en opsetlike saakbeskadiging. Die hofsaak het bykans twee jaar geduur. Die man is tot 15 jaar tronkstraf gevonnis.

Related Articles

Back to top button