CrimeNews

Inwoners verwelkom aandklokreël

“Die polisie se lan­de­li­ke vei­lig­heideen­heid hou ge­reel­de op­tre­des en sorg dat hul­le sig­baar is sodat dié mis­da­de be­kamp kan word.”

Mis­daad­vlak­ke in Modi­mol­le is vol­gens die Modi­mol­le-po­li­sie steeds laag.

Hoe­wel daar min­der ern­sti­ge mis­da­de aan­ge­meld word, sê woord­voer­der AO James Find­lay daar was nie die af­ge­lo­pe ruk groot mis­daad­pro­ble­me nie.

“Ons huidige pro­bleem­ge­bie­de is in die Jas­per- en Eers­be­woond-­omgewings waar ka­bel­die­we bedrywig is. Daar word on­der meer boor­gat­ka­bels gesteel. Daar is ook ’n toe­name in huis­bra­ke in die Bosch­hoek-om­ge­wing,” het hy ge­sê.

Vee­diewe laat ook hul ­bloe­dspore ag­ter op pla­se wat aan die N1-snelweg grens. “Ons het ge­val­le ge­had waar vee­die­we via die snelweg toe­gang tot pla­se verkry het. Hul­le vang vee en slag die buit op die plaas voor­dat hul­le weer met die vleis in die rigting van die snel­weg ont­snap,” het hy ge­sê.

“Die polisie se lan­de­li­ke vei­lig­heideen­heid hou ge­reel­de op­tre­des en sorg dat hul­le sig­baar is sodat dié mis­da­de be­kamp kan word,” het Find­lay ge­sê.

Tal­le in­wo­ners het aan Die Pos gesê hulle glo die aand­klok­reël wat weer in­ge­stel is, hou hul woon­buur­te vei­lig. Slegs nood­saak­li­ke wer­kers mag van 21:00 tot 04:00 rondbe­weeg en rond­lo­pers word gou raak­ge­sien en daar kan teen hulle op­ge­tree word.

Related Articles

Back to top button