CrimeNews

Diewe vort met skoolbus

“Ons gaan die bussie moei­lik kan ver­vang.”

Laer­skool Nyl­stroom se bus­sie, wat kin­ders na sport- en an­der by­een­kom­ste ver­voer het, is die af­ge­lo­pe week van die skool­gron­de ge­steel ten spy­te van vei­lig­heids­maat­reëls.

Die an­der bus­sie se bin­ne­kant is uit­me­kaar ge­ruk, ver­moe­de­lik toe die die­we na die op­spo­ring­stel­sel ge­soek het.

 

 

Die twee Toyota Quan­tum-bus­­sies is vol­gens Roelf Vor­ster, waar­ne­men­de skool­hoof, die skool se trots.

“Die leerders en on­der­wy­sers het dit so mooi op­ge­pas en was trots daarop om met dié bussies by by­een­kom­ste aan te kom,” het hy ge­sê.

Dit blyk dat die die­we Maan­dag­nag 20 Ju­lie kort voor mid­der­nag toe­gang tot die skoolter­rein verkry het. Hoe­wel die alarm af­ge­gaan het, het die vei­lig­heids­diens­te nie on­raad ver­moed toe hul­le gerea­geer het nie, want die slot was steeds aan die deur. “Dit wil lyk as­of die die­we die sink van die deur los­ge­draai het en bin­ne-in die mo­tor­huis was. Hul­le het aan die bin­ne­kant die alarm se ogies af­ge­haal en die die­sel­bus­sie se pa­ne­le af­ge­ruk op soek na die op­spo­ring­stel­sel. Nie net is ons een bus­sie weg nie, daar is ook groot ska­de aan die an­der een aan­ge­rig,” het hy ge­sê.

Die waar­de van die ge­steel­de bus­sie is so­wat R600 000.

“Ons gaan dit moei­lik kan ver­vang.”

Daar is ’n saak by die Modi­mol­le-po­li­sie aangemeld.

Related Articles

Back to top button