CrimeNews

Jong man verskyn Augustus in die hof

’n Man wat in Mei in Mo­di­mol­le aan­ge­keer is na­dat hy glo ver­skeie on­der­ne­mings in­ge­loop het, sal in Augus­tus weer in die hof ver­skyn.

Lenn Roy Jof­ner (24) het sy rie­me styfge­loop na­dat hy glo nie vir brand­stof by ’n plaas­li­ke vul­sta­sie be­taal het nie. Hy is la­ter her­ken toe hy by ’n mo­tor­ban­de-on­der­ne­ming in die dorp wou sa­ke doen en is daar in heg­te­nis ge­neem. Volgens die polisie het hulle ook dwelms en ver­valste dia­man­te in sy be­sit ge­vind.

Jof­ner, wat in Gro­blers­dal woon, word ver­bind met sa­ke in Den­nil­ton, Gro­blers­dal, Mo­te­te­ma, Vaal­wa­ter, Mook­go­phong, Laers­drift en Her­cu­les in Pret­oria. Hy was ten ty­de van sy in heg­te­nis­na­me uit op borgtog vir ’n an­der saak in Mo­ko­pa­ne. Vol­gens die po­li­sie word se­we an­der sa­ke van be­drog teen hom ondersoek.

Die klag­tes wat spruit uit sy in heg­te­nis­na­me in Mo­di­mol­le wis­sel van be­drog, dief­stal, die be­sit van ver­vals­te geld, dwelm­han­del, be­sit van ver­moe­de­lik ge­steel­de eien­dom en ver­val­sing na­dat die po­li­sie glo ver­val­ste dia­man­te en R200-no­te, ju­we­le en me­ta­mfe­ta­mien, be­ter be­kend as “crystal meth”, by hom ge­vind het, het brig. Mat­la­fe­la Moja­pe­lo, pro­vin­sia­le po­li­sie-woord­voer­der, gesê.

Jofner het reeds vlugtig in die hof in Mo­di­mol­le verskyn, waarna sy saak uit­gestel is tot Dins­dag 11 Augus­tus. Al die sa­ke wat in Lim­po­po on­der­soek word, sal saam­ge­voeg word, het AO James Find­lay, woord­voer­der van die Mo­di­mol­le-po­li­sie, aan Die Pos gesê.

Jof­ner bly in aan­hou­ding.

Related Articles

Back to top button