CrimeNews

Moordverhoor uitgestel tot 2021

Die man wat daar­van be­skul­dig word dat hy ver­le­de jaar ’n be­jaar­de vrou van Mo­di­mol­le in haar tuin ver­moor het, se ver­hoor gaan eers aanstaande jaar voort.

Mma­kwe­na Morris Maripa word daar­van aan­ge­kla dat hy die 73-ja­ri­ge Tru­die Grebe ver­le­de jaar op Vry­dag 23 Augus­tus ver­moor het na­dat hy haar vroeg­og­gend in haar tuin oor­val het. Hy het vroeër vir die Gre­be-eg­paar tuin­werk ge­doen.

AO James Find­lay, woord­voer­der van die Mo­di­mol­le-po­li­sie het be­ves­tig dat Ma­ri­pa se saak aanstaande jaar van 2 tot 6 Augus­tus in die hoog­ge­regs­hof in Po­lo­kwa­ne aan­ge­hoor sal word.

Die moord in die stil woon­buurt het groot op­slae ver­oor­saak. Gre­be was ’n be­ken­de die­re­lief­heb­ber op die dorp. ’n Kliënt wat haar hond ge­bring het om deur Gre­be ge­skeer te word het on­raad ver­moed toe sy ’n vreem­de man die erf sien ver­laat het. Gre­be se ver­swak­te man, Dolf, was ten ty­de van die voor­val tuis, maar het niks verdags opgemerk nie.

Ma­ri­pa is op Maan­dag 2 Sep­tem­ber in Wit­poort bui­te Le­pha­la­le vas­ge­trek waar hy in sy sus­ter se huis ge­skuil het.

Related Articles

Back to top button