CrimeNews

Howe voel ook virus se druk

Die werksverrigting by howe regoor die land word ook omvergegooi deur die onwelkome stoornis wat die Covid-9-virus gebring het.

Volgens Renier van Rooyen, senior staatsaanklaer in Modimolle, het die sake op hofrolle toegeneem.

“Ons kon in April bykans geen sake afhandel nie en het net nuwes bygekry. Dieselfde het in Mei gebeur. Ons begin nou eers weer aan die gang kom,” het hy gesê.

 

ADVERTENSIE / ADVERTISEMENT

 

Een van die probleme is gevangenes van die Kgosi Mampuru-gevangenis in Pretoria wat nie opdaag vir sake nie. Talle van die getuies in sake woon ook buite die provinsie se grense en kan nie kom getuig nie.

“Dit sal baie maande neem voordat sake by die howe weer terug na normaal keer. Benewens die sake wat uitgestel is, is daar ook heelwat nuwe sake vir oortredings van die grendelregulasies,” het hy gesê.

 


Baie dankie aan André Kock en Seuns sonder wie se hulp die plasing van dié aanlynberig nie moontlik sou wees nie.

Related Articles

Back to top button