CrimeNews

Dekades lank tronk toe ná moord

Die twee mans wat vir Piet Ve­nter (51) vyf jaar ge­le­de op sy wilds­plaas bui­te Rooi­berg ver­moor het, is die af­ge­lo­pe week lang von­nis­se op­ge­lê.

Ven­ter is op 14 No­vem­ber 2015 dood in sy huis aan­ge­tref na­dat sy vrien­din wat by hom ge­woon het, Mo­na Oost­hui­zen (46), alarm ge­maak het. Hy was vas­ge­bind en toe­ge­rol in ’n mat. Die hof het be­vind dat hy weens versmoring dood is.

Ses men­se, in­slui­tend Oost­hui­zen en haar jong vol­was­se seun, Chris­toff Jou­bert, is aan­vank­lik aan­ge­kla van moord. Jo­han du Toit, wat voor­heen op die plaas ge­werk het, het ’n staats­ge­tuie ge­word.

Ty­dens die hof­ge­beu­re het ’n ver­haal ont­vou van men­se wat, na­dat Ven­ter nie geld aan hul­le wou leen nie, ’n plan be­raam het om geld uit sy kluis te steel. Oost­hui­zen, Jou­bert, Louisa Ricco en Du Toit het die hulp van Ruben Miles en JP Johan­nes­se in­ge­roep, maar die dief­stal het nie vol­gens plan ver­loop nie, met tra­gie­se ge­vol­ge.

Miles en Jo­han­nes­se, wat kort ná die aan­val in die om­ge­wing in heg­te­nis ge­neem is, is deur land­dros Pie­ter Man­tha­tha tot 15 jaar tronkstraf elk ge­von­nis op die moord­klag en drie jaar vir sa­me­swe­ring om dief­stal te pleeg. Op die klag van roof met ver­swa­ren­de om­stan­dig­he­de is Miles tot 15 jaar tronkstraf ge­von­nis en Jo­han­nes­se tot 25 jaar. Die von­nis­se sal ge­lyk­lo­pend uit­ge­dien word. Dit be­te­ken dat Miles ef­fek­tief 20 jaar tronk­straf sal uit­dien en Jo­han­nes­se 30 jaar.

Op ’n klag van sa­me­swe­ring om dief­stal te pleeg is Oost­hui­zen tot drie jaar tronk­straf ge­von­nis wat vir vyf jaar op­ge­skort is op voor­waar­de dat sy nie weer skul­dig be­vind word aan ’n oor­tre­ding nie.

Jou­bert is ’n boe­te van R6 000 op­ge­lê of ’n von­nis van drie jaar tronk­straf wat vir vyf jaar op­ge­skort is. Ricco se drie jaar tronkstraf von­nis is ook vir vyf jaar op­ge­skort.

Related Articles

Back to top button