CrimeNews

Po­li­sie keer diewe tydens in­per­king aan

Die plasing van dié berig op Die Pos se Facebookblad is moontlik gemaak deur Banners & Flags.

Boos­doe­ners het die in­per­kings­tyd as ’n gulde ge­leent­heid ge­sien om mis­daad in die Be­la-Be­la-ge­bied te pleeg.

 

 

Die Pos­kan­toor op die dorp, asook die winkeltjie langsaan en verskeie ander eiendomme in dié omgewing, is sedert die inperking geteiken.

Vol­gens kol. A­bel Phet­la, po­li­sie­be­vel­voer­der, het die po­li­sie ses ver­meen­de die­we in ­heg­te­nis ge­neem en ’n groot ver­skei­den­heid vermoedelik ge­steel­de i­tems te­rug­ge­vind.


 

ADVERTENSIE / ADVERTISEMENT

 


So­ver vas­ge­stel kan word is die i­tems gesteel by eien­dom­me in die town­ship, die kar­was-on­der­ne­ming by die Bos­veld Mall, plekke in die in­dus­trië­le ge­bied, as­ook by wo­nings in die dorp.

Die ver­dag­tes sal in die Be­la-Be­la-land­dros­hof ver­skyn op aan­klag­te van huis­braak, dief­stal en die be­sit van ge­steel­de eien­dom.

 

 

Phet­la het ge­sê meer in­heg­te­nis­na­mes word binnekort ver­wag.

Hy doen ’n be­roep op mense by wie daar ingebreek is om die po­li­sie­sta­sie te be­soek om hul eien­dom te gaan uitken.


Baie dankie aan Banners & Flags sonder wie se hulp die plasing van dié aanlynberig nie moontlik sou wees nie.

Related Articles

Back to top button