CrimeNews

Men­se ver­ont­ag­saam steeds in­per­kings­be­leid

Die plasing van dié berig op Die Pos se Facebookblad is moontlik gemaak deur PEG Electrical.

Die Pos kry al hoe meer boodskappe van inwoners wat woedend is omdat slegs sekere inwoners hulle klaarblyklik aan die nasionale inperkingsregulasies steur.

Die de­pa­rte­ment van ver­voer het op Don­der­dag 9 A­pril ’n fo­to uit­ge­reik van ’n man wat deur ver­keers­be­amp­tes in die Jane Furse-ge­bied weens beweerde dronk­be­stuur aan­ge­keer is.

In Le­pha­la­le is ’n man ook vandeesweek in ­heg­te­nis ge­neem omdat hy glo on­wet­tig si­ga­ret­te ver­koop het. Die po­li­sie het op si­ga­ret­pro­duk­te ter waar­de van R750 000 be­slag ge­lê.

Die ver­dag­te, Le­bo­na A­bo (27), het reeds vlugtig in die Le­pha­la­le-land­dros­hof ver­skyn. Borgtog van R2 000 is aan hom toe­ge­staan en die saak is uitgestel na Junie.

Kapt. An­ne­ma­rie Smith, speur­tak­hoof van die Be­la-Be­la-po­li­siestasie, het aan Die Pos gesê daar is se­dert Woens­dag 1 A­pril reeds on­ge­veer 140 men­se in die Be­la-Be­la-om­ge­wing in heg­te­nis ge­neem omdat hulle die in­per­kingsbevel ver­ont­ag­saam het.

 

ADVERTENSIE / ADVERTISEMENT

 

Vol­gens Smith is meer as 100 mense in­ heg­tenis ge­neem omdat hulle hul wo­nings son­der ’n gel­di­ge re­de ver­laat het.

On­ge­veer se­we het nie die voor­ge­skre­we hoe­veel­heid pas­sa­siers ver­voer nie, terwyl die res aan­ge­hou het om hul sakeon­der­ne­mings se deu­re oop te hou son­der dat hul­le as ’n nood­saak­li­ke diens be­skou word, soos uit­een­ge­sit in die in­per­kings­be­leid.

Smith het ge­sê die mense wat die wet oortree het, het boe­tes be­taal of is aan­ge­kla om in die hof te ver­skyn.

Fi­ki­le Mba­lu­la, minister van vervoer, het ein­de Maart ge­sê ver­voer­on­der­ne­mings moet hul pas­sa­siers na 70% van hul ver­voer­ka­pa­si­teit ver­min­der.


Baie dankie aan PEG Electrical sonder wie se hulp die plasing van dié aanlynberig nie moontlik sou wees nie.

Related Articles

Back to top button