CrimeNews

Po­li­sie keer 84 mense in Bela-Bela aan

Die plasing van dié berig op Die Pos se Facebookblad is moontlik gemaak deur Thaba Kwena krokodilplaas.

Die polisie in Bela-Bela het reeds verskeie mense aangekeer wat die nasionale inperkingsbevel verontagsaam.

Suid-Afrikaners is vandag (Donderdag 2 April) reeds sewe dae lank tot hul wonings beperk om die verspreiding van die gevreesde koronavirus te probeer hokslaan. Die in­per­kings­tyd kom na verwagting op Don­der­dag 17 A­pril tot ’n ein­de.

Kol. A­bel Phet­la, bevelvoerder van die Bela-Bela-polisie, het by na­vraag aan Die Pos ge­sê daar is reeds 84 men­se in Be­la-Be­la aan­ge­keer wat die in­per­kings­reëls oor­tree het.

Die mees­te van hul­le is in die stra­te aan­ge­keer. Hulle was nie op pad om kos te gaan koop of mediese hulp te kry nie, het hy gesê.

 

ADVERTENSIE / ADVERTISEMENT

 

Die 84 men­se is elk met ’n boete van R500 gestraf en is vrygelaat.

Die po­li­sie het Maan­dag en Dins­dag (30-31 Maart) padblokkades op verskeie plekke in die dorp gehou en streng toesig gehou oor inwoners wat hul regeringstoelaes by ban­ke en ket­ting­win­kels ontvang het.

Die de­par­te­ment van ver­keer het ver­gun­ning ge­gee dat taxibestuurders se werkure op sekere tye van die maand verleng mag word, maar die aantal passasiers in elke taxi moet streng beheer word, het Phetla gesê.

“Die polisiebe­amp­tes hand­haaf vei­li­ge pro­to­kol. Wanneer beamptes soggens vir diens aan­meld, word hul­le van mas­kers en hand­skoe­ne voor­sien. Die situasie is tot dusver onder beheer in Bela-Bela,” het Phet­la ge­sê.


Baie dankie aan Thaba Kwena krokodilplaas sonder wie se hulp die plasing van dié aanlynberig nie moontlik sou wees nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button