CrimeNews

Vermoorde boer was vierde geslag Van Zyl op plaas

Die ou klip­huis op die plaas Bad­seloop buite Mook­go­phong was vir Al­wyn van Zyl (78) van geboorte af sy huis en veilige vesting.

Dit is die­selfde huis waar hy op Vry­dag 20 Maart aan die hand van geweten­lose moorde­naars gesterf het.

Volgens René van Zyl (73), sy vrou, het vier mans net voor 24:00 op Donder­dag 19 Maart toe­gang tot hul huis verkry. Hulle het die gaas op die stoep stuk­kend gesny en ver­moe­delik eerste na Alwyn se kamer ge­gaan. Die egpaar het in aan­grensende kamers geslaap weens Alwyn se gesond­heids­toe­stand wat geverg het dat hy snags suurstof moes ontvang.

“Ek het wakker geword toe hulle die deur na my kamer oop­geskop het en toe ek my oë oop­maak, was twee van die mans by my bed. Hulle het my op­getel en op die vloer ge­gooi. Ek het my lyf in ’n bondel­tjie gehou en nie pro­beer baklei nie. Ek is van nature ’n vegter, maar die Here het my weer­hou daar­van, wat ek glo ook my red­ding was,” het René aan Die Pos vertel. Een van die mans het haar met die vuis op die rug geslaan en die ander een het haar telke­male deur die gesig geklap en geld en wa­pens geëis.

Sy het volge­hou dat hulle nie enige geld of wa­pens het nie. Een van die mans het ’n mes by hom gehad en het dit deuren­tyd teen haar lyf gedruk. Toe hulle agter­kom dat sy na hul gesigte gekyk het, het hulle haar kop bedek en haar hande met skoen­veters agter haar rug vas­gebind. Haar voete is ook vas­gebind. “Ek het ge­sukkel om asem te kry en het gespook om die lap oor my mond losser te wikkel sodat ek kon asem­haal,” het sy vertel.

Intussen het hulle die kaste uitge­gooi op soek na geld en wapens. Een van die mans was toe reeds in Alwyn se kamer doenig. “Ek kon my hande los­wikkel en het my voete ook los­gekry, maar dit vir hulle probeer weg­steek. Ek het hulle beduie na ’n beursie met ver­valste note en hulle het die kamer ver­laat. Ek het toe die geleent­heid gekry om uit te kruip tot by die hekkie na die werkers­huise toe. Ek het geweet dat hulle my nie in die bosse sal kry nie, want ek ken dit te goed,” het sy vertel.

René Briel, die eg­paar se oudste dogter, en haar man, Kobus, en hulle twee kinders woon op ’n aan­grensende deel van die plaas. Volgens haar het sy teen 00:20 ’n tele­foon­oproep van een van die plaas­werkers, Andreas Banda, ont­vang. “Ek het my ma in die agter­grond gehoor en hy het net gesê dat ons moet kom help en dat twee van die mans nog by my pa in die huis was en dat sy weg­gekom het,” het René (Briel) vertel.

Kobus het dadelik gerea­geer en die naaste buur­man, Data Strydom, gebel. Die twee mans was gelyk­tydig op die toneel en het waar­skuwing­skote geskiet en daarna die huis gefyn­kam. Die rowers was toe reeds weg. Hulle het op Alwyn se lig­gaam afgekom waar hy vas­gebind in sy bed gelê het. Daar was ’n kus­sing oor sy kop waar­mee hy vermoe­delik ver­smoor is.

Die rowers het net met selfone, ’n kamera, ver­kyker en stap­skoene, wat hulle in rug­sakke van René (snr.) gepak het, gevlug. Die sakke is later op ver­skillende plekke gevind nadat die rowers klaar­blyklik verskil­lende rig­tings inge­slaan het.

Intussen het René (Briel) alle veilig­heids­groepe in kennis gestel en die eerste hulp het binne 15 minute opge­daag. Lede van die Heri­tage Pro­tection Group (HPG) het dade­lik begin om spoor te sny. Teen lig­dag het drie heli­kopters en ’n vaste­vlerk­vlieg­tuig die gebied begin fynkam. Die rowers het in die rig­ting van die town­ship beweeg en hon­derde boere en inwo­ners van die dorp het paaie af­gesper. Teen 09:15 is drie van die ver­dagtes aange­keer en in heg­tenis geneem. Die vierde een is nog op vrye voet, maar die polisie is druk op sy spoor.

Die gesin is steeds verslae oor die gebeurte­nis. Die egpaar se oudste seun, Louis van Zyl, woon in Austra­lië met sy gesin en pro­beer nog om ’n vlug te kry vir die begraf­nis wat op Vrydag 27 Maart by die Badse­loop-kamp­eer­terrein sal plaas­vind. Hul jongste dogter, Louise, woon in die Kaap en word ook weens die Covid-19 maat­reëls verhin­der om vryelik te reis. Die egpaar se jongste seun, Jan van Zyl, is ’n bekende boer van die Crecy-omge­wing.

Die van Zyl-fami­lie is sedert 1885 op die plaas. Alwyn van Zyl was die vierde geslag wat op die plaas gewoon en geboer het.

Die afgelope sewe jaar was hy die bestuur­der van die Badse­loop-jeug­kamp­terrein. Dit is ook daar waar hy en sy vrou, René, wat ’n onder­wyser by Hoër­skool Hans Strijdom was, mekaar ont­moet het. Hulle sou op Sater­dag 28 Maart hul 50ste huwe­liks­herden­king gevier het. Volgens René (snr.) is die klip­huis in 1886 deur Jan Kasper Ger­hardus van Zyl gebou. “Ons woon in die para­dys,” het ’n hart­seer René (snr.) gesê.

Die hele gesin het groot lof gehad vir die bystand en optrede van almal wat hulle te hulp gesnel het. “Die polisie, ambu­lans­diens en gemeen­skap was fantas­ties en ons wil graag elkeen bedank vir wat hulle vir ons gedoen het,” het René gesê.

“Alwyn sal ont­hou word vir die sag­geaarde, liefde­volle mens wat hy was,” het Ger­hard Steen­kamp, ’n vriend gesê.

  • Die drie mans wat aange­keer is, verskyn vandag (Maandag 23 Maart) in die hof. Hou Die Pos dop vir meer beson­derhede.

Related Articles

Back to top button