CrimeNews

Verskeie hof­sa­ke duur voort

Die drie ver­dag­tes wat met die aanval op Peet Pre­to­rius, eie­naar van Peet se pad­stal, op Woens­dag 9 Ok­to­ber ver­bind word, se saak duur steeds in die Mo­di­mol­le-streek­hof voort.

Noah Mu­ri­mo (36), Eu­nice Chi­ru­vani (40) en Da­niel Man­yi­mo (30) word van huis­roof en die be­sit van ge­steel­de eien­dom aangekla, asook dat hulle on­wet­ti­g in die land is.

Al drie ver­dag­tes is van Zim­bab­we. Mu­ri­mo en Chi­ru­vani het vir Pre­to­rius ge­werk.

Pre­to­rius is helder oordag deur een van die ver­dag­tes in sy huis oor­val. Die verdagte het glo ’n vuur­wa­pen by hom af­ge­neem en ’n skoot af­ge­vuur, maar nie­mand is ge­tref nie.

Die polisie het destyds gesê twee vuur­wa­pens is ge­buit voor­dat die ver­dag­te op die vlug ge­slaan het. Hy is egter kort ná die voor­val saam met die twee wer­kers in ­heg­te­nis ge­neem.

Die drie bui­te­lan­ders se saak is uit­ge­stel na Woens­dag 15 A­pril vir ver­de­re on­der­soek. Hul­le is steeds in aan­hou­ding.

  • Vier ver­meen­de kle­re­win­kel­ro­wers, Le­ra­to Kgo­mo (33), Zan­di­le (33), Si­bu­si­so Hlats­wa­yo (31) en Tshe­po Ma­hlan­gu (33), wat glo die Exact-kle­re­win­kel in Be­la-Be­la op Don­der­dag 8 Au­gus­tus be­roof het, se saak duur ook voort in Mo­di­mol­le.

Kle­re­win­kels in Chris Hani­straat, waar Exact ge­leë is, het die afgelope jaar verskeie kere onder ro­wers deur­ge­loop.

Volgens die polisie het die ver­dag­tes die winkel op die betrokke dag be­tree, die per­so­neel aan­ge­hou en vas­ge­bind en daarna met ’n aan­tal sel­fo­ne en ander items uitgestap.

Die ver­dag­tes het glo aan­vank­lik in twee voer­tui­e — ’n wit Volks­wa­gen Po­lo en ’n swart Citi Golf — uit Be­la-Be­la pro­beer vlug. Die een groep ver­dag­tes is naby die Mau­ba­ne-af­rit vas­ge­trek. Die wit Volks­wa­gen is nooit op­ge­spoor nie.

Die vier staan tereg op aanklagte van ­roof en be­sit van ge­steel­de eien­dom. Hul­le moet weer op Woens­dag 25 Maart in die hof verskyn. Hul­le is steeds in aan­hou­ding.

  • Twee ver­dag­tes wat op Donderdag 20 Februarie met ’n ge­steel­de Nis­san NP 200-bak­kie in Be­la-Bela be­trap is, se saak duur voort in Be­la-Be­la. Die voer­tuig is volgens die polisie in Jan­ua­rie in die Rot­ter­dam-ge­bied, oos van Giyani, ge­steel. Tho­mas Mak­hu­be­la (33) en Si­mon Mak­ga­tho (42) is aan­gekla van die be­sit van ’n ge­steel­de voer­tuig. Hul­le saak kom weer op Woens­dag 25 Maart voor en hulle is ook steeds in aan­hou­ding.
  • ’n E­thio­piër, Di­le­bo An­bi­ko (31), is op Woens­dag 19 Fe­brua­rie aan­ge­keer na­dat hy glo ’n on­ge­li­sen­sieer­de vuur­wa­pen in die Be­la-Be­la-town­ship in ’n erf pro­beer be­grawe het.
    ’n Oog­ge­tui­e het glo ge­sien hoe Anbiko die wa­pen be­gra­we voor­dat hy van die to­neel ver­dwyn het.
    Borgtog van R1500 is aan An­bi­ko toe­ge­staan. Die ondersoek duur voort en die hof wag op ’n forensiese verslag. Sy saak kom weer op Donderdag 30 A­pril voor.

Related Articles

Back to top button