CrimeNews

Vermeende bedrieër by see vasgetrek

Flink speur­werk deur twee po­li­sie-beamp­tes van Mo­di­mol­le het ge­sorg dat ’n man wat daar­van ver­dink word dat hy boe­re wat lu­sern wou aan­koop be­drieg het, vas­ge­trek is.

AO Ross Ros­souw en sers. Aman­da Ros­souw het Ste­fan Muller (32) in Shelly Beach, Kwa­Zulu-Na­tal, in heg­te­nis ge­neem na­dat hy op die vlug was.

Die Pos het ver­le­de week be­rig Mul­ler het glo lu­sern aan ’n vrou ver­koop, maar ver­dwyn na­dat sy die de­po­si­to van R42 000 be­taal het. Sy het haar­self tot so­sia­le me­dia ge­wend en men­se het van oral­oor in­lig­ting gedeel oor waar hy hom be­vind.

Die Mo­di­mol­le-po­li­sie was op Mul­ler se spoor vir ver­skeie be­drog­klag­tes wat tus­sen 2011 en 2019 plaas­ge­vind het, het AO James Find­lay, po­li­sie­woord­voer­der, ge­sê. Vol­gens die po­li­sie het Mul­ler glo saam met sy mei­sie en hul drie kin­ders in Shelly Beach weg­ge­kruip. Hy het sy mei­sie se Nis­san Navara-bak­kie ver­koop en ’n wit BMW aan­ge­skaf om die po­li­sie te mis­lei. Dit was eg­ter nie suk­ses­vol nie en die twee speur­ders het hom uit­ge­snuf­fel.

Hy het reeds in die hof in Mo­di­mol­le ver­skyn. Sy saak is uit­ge­stel tot Donderdag 26 Maart.

Related Articles

Back to top button