CrimeNews

Saak teen Modimolle-weduwee verskuif

Die saak teen Chris­na van der Mer­we (40), wat daar­van aan­ge­kla word dat sy haar man, Bo­tes, in De­sem­ber 2018 in hul huis in die Koro Creek-gholf­land­goed buite Modimolle dood­ge­skiet het, sal van­af 5-9 Ok­to­ber in die hoog­ge­regs­hof in Po­lo­kwa­ne aan­ge­hoor word.

Van der Mer­we het op Maan­dag 17 Feb­rua­rie in die hof in Mo­di­mol­le ver­skyn op aan­klag­te van moord en dief­stal. Die saak spruit uit die skiet­dood van die 46-ja­ri­ge Bo­tes van der Mer­we op die nag van 11 De­sem­ber 2018. Chrisna is ook op die to­neel met ’n ern­sti­ge skiet­wond in haar maag aan­ge­tref en is per he­li­kop­ter na ’n hos­pi­taal ver­voer. Die po­li­sie het op twee wap­ens op die to­neel be­slag ge­lê.

Die staat voer aan dat die skiet­voor­val ge­beur het na­dat die eg­paar saam met twee gas­te ge­kui­er het. Hulle is ka­mer toe om te gaan slaap en die gas­te het kort daar­na sko­te ge­hoor. Die staat be­weer dat Chrisna haar­self ge­skiet het.

Die dief­stal­klag spruit uit R141 000 wat sy glo 10 dae ná Botes se dood uit sy re­ke­ning ont­trek het. Hy was die eie­naar van Bo­tes Hunting Safaris waar­van die kliënte mees­tal bui­te­land­se jag­ters was. Die eg­paar kom oor­spronk­lik van Vaal­wa­ter.

Land­dros Han­nes Stof­berg het Chrisna ge­waar­sku om in Ok­to­ber in die hof te ver­skyn. Sy word nie as ’n vlug­ri­si­ko be­skou nie.

Sy word ver­teen­woor­dig deur die ge­re­ken­de regs­ver­teen­woor­di­ger dr. Llewe­lyn Cur­lewis. Die ver­de­di­ging het ver­de­re be­son­der­he­de oor die on­der­soek aan­ge­vra wat deur die staat ver­skaf sal word.

Related Articles

Back to top button