CrimeNews

Renosterstroper vir 20 jaar tronk toe gestuur

Die sêding lui dat die wiel sta­dig draai, maar vir drie re­nos­ter­stro­pers was dit glad nie die ge­val nie.

Drie mans is ver­le­de jaar op Woens­dag 4 Sep­tem­ber in heg­te­nis ge­neem kort na­dat hulle ’n wit­re­nos­ter in die Ran­­kins­­pas-om­­ge­­wing ge­­skiet het. Skaars vyf maan­de la­ter het die hof­pro­ses sy loop ge­neem en is hul­le ste­wi­ge von­nis­se op­ge­lê.

Si­mon Si­tho­le (42) is tot 20 jaar ag­ter die tra­lies ge­von­nis na­dat die hof in Modi­mol­le be­vind het dat hy die re­nos­ter ge­skiet het. Hy was ten ty­de van sy in heg­te­nis­na­me in be­sit van re­noster­ho­ring, ’n on­ge­li­sen­sieer­de vuur­wa­pen en am­mu­ni­sie.

Thu­la­ni Mhlongo (32) en Felix Fran­sisco Udaka (37) is elk tot vier jaar tronk­straf ge­von­nis na­dat hul­le aan­ge­keer is in ’n voer­tuig waar­in die po­li­sie re­nos­ter­ho­ring ge­vind het. Uda­ka, ’n Mo­sam­biek­se bur­ger, is daarvan aangekla dat hy on­wet­tig in die land was.

Dié suk­ses­vol­le in heg­te­nis­na­me en ver­vol­ging het ge­volg na­dat die po­li­sie en ge­meen­skaps­vei­lig­heids­groe­pe ’n groot­skeepse soek­tog op tou ge­sit het kort na­dat daar ont­dek is dat ’n re­nos­ter ge­stroop is. Die hulp van helikop­ters en vlieg­tuie is ook in­ge­roep om die skul­di­ges aan te keer.

Die voor­val het kort voor Wêreld Re­­nos­­te­r­dag op 22 Sep­­tem­­ber verlede jaar gebeur. Die doel van dié dag is om be­wus­ma­king te skep oor die be­drei­ging wat stro­pe­ry vir dié die­re in­hou.

Related Articles

Back to top button