CrimeNews

Hof stuur rowers lank tronk toe

Dit gaan ’n lang tyd ag­ter die tra­lies wees vir drie ro­wers wat kle­re­win­kels in Mo­di­mol­le en Mook­go­phong in 2016 ge­teiken het.

Die streeks­hof in Mo­ko­pa­ne het hul­le verlede week vir lank tronk toe ge­stuur.

Ka­gi­sa Brian Di­fe­to, wat in 2016 be­trok­ke was by ver­skeie roof­tog­te, het tien jaar tronk­straf ge­kry vir ’n roof­tog by Mark­hams, tien jaar vir ’n roof­tog by Jet Stores en tien jaar vir ’n roof­tog by Fashion Express. Die von­nis­se sal ge­lyk­ty­dig uit­ge­dien word, het die hof be­slis.

Ralph Ma­shi­lo en Khut­so Jo­sia Bo­shie­lo, wat ook be­trok­ke was, is tot agt jaar elk ge­von­nis op drie klag­tes van die be­sit van on­ge­li­sen­sieer­de vuur­wa­pens, vier jaar vir die be­sit van on­ge­li­sen­sieer­de am­mu­ni­sie, ses jaar vir die besit van ’n ge­steel­de voer­tuig en een jaar vir die be­sit van ’n toe­stel wat sei­ne blokkeer of­te­wel ’n “jamming device”. Hulle sal effek­tief 14 jaar lank tronk­straf uit­dien.

AO James Find­lay, woord­voer­der van die Modi­mol­le-polisie, het be­ves­tig dat die drie aan­ge­keer is ná ’n roof­tog in Mook­go­phong. Hul­le het op die R101 in die rig­ting van Mo­di­mol­le ge­vlug en is ag­ter­na­ge­sit deur AO Ross Ros­souw, die on­der­soek­beamp­te, en ander po­li­sie­le­de. Die mans het uit hul voer­tuig ge­spring en in Uit­brei­ding 10 van Phaga­meng ­ge­vlug waar Mashi­lo en Bo­shie­lo aan­ge­keer is. Difeto is in Brits opgespoor waar hy aan­ge­keer is. Hy is op ’n iden­ti­fise­rings­pa­ra­de deur ver­skeie men­se uit­ge­ken.

  • Twee mans is ook op Woens­dag 26 Fe­brua­rie in die Modi­mol­le-streeks­hof skul­dig be­vind ná ’n aan­val op ’n egpaar op ’n plaas bui­te Mo­di­mol­le. Jim­son Le­si­ba Se­boye is tot 12 jaar tronkstraf ge­von­nis vir roof met ver­swa­ren­de om­stan­dig­he­de. The­piso Bo­rom­bo Ndwa­lo, sy makker, is ook tot 12 jaar ge­von­nis op die­self­de klag­te, asook ’n by­ko­men­de tien jaar vir ver­krag­ting. Hy is ge­von­nis tot ef­fek­tief 18 jaar tronk­straf.

Related Articles

Back to top button