CrimeNews

Polisie neem drie in ­heg­te­nis

Die Be­la-Be­la-po­li­sie het twee ver­dag­tes weens vermeende voer­tuig­dief­stal aangekeer en nog een vir die be­sit van ’n on­ge­li­sen­sieer­de vuur­wa­pen.

Sers. Frans Ma­pon­ya, po­li­sie­woord­voer­der, het ge­sê twee ver­dag­tes is op Don­der­dag 20 Fe­brua­rie in die Rot­ter­dam-ne­der­set­ting, oos van Giyani, aan­ge­keer. Hulle word ver­bind met die dief­stal van ’n Nis­san NP 200-bak­kie wat in Jan­ua­rie in Be­la-Be­la ge­steel is. Die voer­tuig is te­rug­ge­vind.

Die ver­dag­tes — Tho­mas Mak­hu­be­la (33) en Si­mon Mak­ga­tho (42) — het op Maan­dag 24 Fe­brua­rie in die Be­la-Be­la-land­dros­hof op aan­klag van die be­sit van ’n ge­steel­de voer­tuig ver­skyn. Hul­le saak is uit­ge­stel na Vry­dag 28 Fe­brua­rie.

’n Be­la-Be­la-inwoner van E­thio­pie­se her­koms is ook op Woens­dag 19 Fe­brua­rie in die Be­la-Be­la-town­ship aan­ge­keer. Ma­pon­ya het ge­sê die ver­dag­te, Di­le­bo An­bi­ko (31), het vermoe­delik ’n on­wet­ti­ge vuur­wa­pen op ’n erf be­gra­we voor­dat hy te­rug­ge­keer het na sy wo­ning. Die po­li­sie het ’n wenk uit die gemeenskap gekry en by ondersoek het hulle die wa­pen on­der die grond ge­vind. Ver­de­re lei­dra­de het tot An­bi­ko se in­heg­te­nis­na­me ge­lei.

Ma­pon­ya het ge­sê dit is tans on­dui­de­lik waar­om An­bi­ko die wa­pen in ’n an­der erf pro­beer versteek het.

An­bi­ko het reeds op aan­klag van die be­sit van ’n on­wet­ti­ge vuur­wa­pen in die hof ver­skyn. Hy ver­skyn weer op Dins­dag 3 Maart. Al drie ver­dag­tes is in aan­hou­ding.

Related Articles

Back to top button