CrimeNews

Pa in hegtenis oor kind in warm motor

’n Ou­er van Be­la-Be­la is in die sop na­dat hy glo op Vry­dag 14 Fe­brua­rie sy kind alleen in ’n vuurwarm voer­tuig by die Bela Mall-in­ko­pie­sen­trum ge­laat het.

Die naam van die man word weer­hou om die kind se i­den­ti­teit te be­skerm.

Vol­gens Grey­ling Lam­precht, sen­trum­be­stuur­der, het ’n kliënt die middag ver­by die voer­tuig ge­stap en die kind ge­waar. Die kind was reeds pap­nat ge­sweet, al was drie van die voer­tuig­ se vens­ters op ’n skrefie oop­ge­draai. Die kraaie het verlede week in die dorp gegaap met daaglikse temperature bo 30°C.

Die kliënt wat die kind opgemerk het, het die vei­lig­heids­wag­te om hulp genader. Volgens hom het die ou­er eers heelwat later te­rug­ge­keer na die voer­tuig.

Na­dat die voer­tuig uit­ein­de­lik oop­ge­sluit is, het perso­neel­lede van die sentrum die kind met koue drink­goed pro­beer kal­meer.

Lam­precht het ge­sê die po­li­sie is in ken­nis ge­stel van die voorval en die man is by die in­ko­pie­sen­trum in ­heg­te­nis ge­neem. Die man is aan­ge­kla van kin­der­ver­waar­lo­sing waar­na die po­li­sie hom met ’n waar­sku­wing vry­ge­laat het.

Die man sou na ver­wag­ting vandees­week in die Be­la-Be­la-land­dros­hof ver­skyn het, het sers. Frans Ma­pon­ya, po­li­sie­woord­voer­der, aan Die Pos gesê.

Ken­ners meen dat voer­tui­e bin­ne 15 mi­nu­te só warm kan word dat mense of diere in die voer­tuig kan ont­wa­ter of son­steek op­doen, wat tot sterf­tes kan lei.

“Ons win tans regs­ad­vies in oor wat ons te doen staan as so iets weer in ons parkeerterrein gebeur,” het Lam­precht ge­sê.

“Ons beskou dit as uiters onvanpaste optrede en beskou dit in ’n ern­sti­ge lig.”

Related Articles

Back to top button