CrimeNews

Inwoners vies oor beurtkrag én ongeluk

Inwoners van Be­la-Be­la het ver­le­de na­week behoorlik in die donker gesit met Es­kom se be­plan­de Fase 3-beurt­krag én ’n ongeluk op Sondag 16 Februarie waar ’n voertuig ’n kragpaal met ’n tranformator op afgery het.

Die be­stuur­der, wat in ’n werks­voer­tuig gery het, het on­ge­deerd van die on­ge­lukstoneel in die Bela-Bela-township weg­ge­stap.

Die mu­ni­si­pa­li­teit se teg­ni­ci het kort ná die on­ge­luk aan die werk ge­spring en gespook om die krag­toe­voer te her­stel. Teen skemer was die herstelwerk voltooi en kon inwoners in verskeie wyke van die munisipale gebied se krag­toe­voer aangeskakel word.

Dié ongeluk het inwoners tot so lank as vyf bykomende ure sonder elektrisiteit gelaat.

Sers. Frans Ma­pon­ya, po­lisie­woord­voer­der, het aan Die Pos gesê daar is ’n on­ge­luks­ver­slag saam­ge­stel. Geen klagtes is teen die be­stuur­der van die voertuig gelê nie.

Ka­be­lo Mo­si­to, mu­ni­si­pa­le woord­voer­der, het ge­sê die mu­ni­si­pa­li­teit is in die pro­ses om ’n si­vie­le eis teen die bestuurder te bring.

Mo­si­to het gesê hier­die is nie die eers­te keer dat be­lang­ri­ke in­fra­struk­tuur van die dorp deur motorryers beskadig word nie.

Morkel Booyse, verse­kerings­makelaar van Bela-Bela, het in reaksie aan Die Pos gesê beurt­krag het vanjaar ’n onge­kende toename aan eise teweeg gebring. “Daar is sommige dae tot tien eise wat spruit uit skade wat kliënte weens beurt­krag ly,” het hy gesê.

  • Es­kom het vroeër ’n verklaring uitgereik wat lui dat beurt­krag vir die volgende 18 maande gereeld toegepas sal word terwyl dringende herstelwerk by hul aanlegte gedoen word.

Related Articles

Back to top button