CrimeNews

Hulle het glo diefstal beplan; nie moord

Venter se arms en be­ne was glo vas­ge­bind en ’n broeks­pyp was om sy nek vas­geknoop.

Hulle het nie be­plan om moord te pleeg nie; net om geld te steel.

Dít was die strek­king van die ge­tuie­nis wat op Woens­dag 12 Fe­brua­rie in Modi­mol­le aan­ge­hoor is ty­dens die ver­hoor van vyf be­skul­dig­des in die moord op Piet Ven­ter (51) op sy plaas in Rooi­berg in No­vem­ber 2015.

Vroeër is ge­tuie­nis in dié uit­ge­rek­te hof­saak aan­ge­hoor dat die na­dood­se on­der­soek ge­wys het Ven­ter het ver­smoor. Sy arms en be­ne was glo vas­ge­bind en ’n broeks­pyp was om sy nek vas­geknoop. Daar was ver­moe­de­lik kleef­band om sy mond en oor sy neus. Ven­ter se vasgebinde lig­gaam was toe­ge­rol in ’n mat.

Hy was ten ty­de van die voor­val in ’n ver­hou­ding met Mo­na Oost­hui­zen, wat tydens die aan­val in die huis was. Sy word saam met haar seun Chris­to­pher Jou­bert, Loui­sa Ri­cco, Ru­ben Miles en JP Jo­han­nes­se van die moord aangekla.

Hoe­wel Jo­han du Toit aan­vank­lik saam met die an­der vyf aan­ge­kla is, het hy vir die staat ge­tuig. Jou­bert en Du Toit het voor­heen op die plaas gewerk.

Ty­dens hul on­lang­se ver­sky­ning het Jo­han­nes­se, Ric­co en Jou­bert getuig. Hul­le het vol­ge­hou dat hul­le plan net was om geld by Ven­ter te steel.

Die saak is uit­ge­stel tot Don­der­dag 12 Maart vir be­toë. Land­dros Pie­ter Man­tha­tha sal dan ’n da­tum vir sy uit­spraak vas­stel.

Related Articles

Back to top button