CrimeNews

Voer­tuig ge­soek ná on­ge­luk

Die Be­la-Be­la-po­li­sie vra die pu­bliek se hulp met in­lig­ting na­dat daar ’n voer­tuig­on­ge­luk op Vry­dag 31 Jan­ua­rie op die Tha­ba­zim­bi-pad buite Be­la-Be­la plaas­ge­vind het.

’n Bak­kie het glo teen ongeveer 21:00 voer­tui­e teen die aan­ko­men­de ver­keer in die rigting na Thabazimbi ver­by­ge­steek. Dié optrede het tot gevolg gehad dat ’n Ford Figo met vyf in­sit­ten­des vir die bak­kie uit­ge­swaai en in die pro­ses ge­rol het.

Volgens die polisie is een van die manlike insittendes op die toneel dood verklaar en die ander pasiënte is vir noodbehandeling na die plaaslike hospitaal vervoer.

Die po­li­sie on­der­soek ’n saak van straf­ba­re man­slag.

E­nig­ie­mand wat in­lig­ting het, word gevra om vir AO Da­na Smith te bel by tel. 083 513 3784 of vir AO An­dré Van de Ven­ter by tel. 083 604 1673. Hulle kan ook bereik word by die Bela-Bela-speurtak by tel. (014) 736 9713 of die po­li­sie­st­asie by tel. (014) 736 9760/1.

Related Articles

Back to top button