CrimeNews

Opgeskorte vonnisse ná Modimolle-kroeggeveg

Twee mans het op­ge­skor­te von­nis­se ont­vang na­dat hul­le in 2016 vuis­te ge­swaai het in ’n kroeg in Mo­di­mol­le.

Tiaan Lot­te­ring en Pie­ter Gi­deon Ja­cobs is op Don­der­dag 6 Fe­brua­rie skul­­dig be­vind op aanklag­te van aan­ran­ding met die doel om ern­stig te be­seer na­dat hul­le met twee broers, Peet en Jacques Ober­hol­zer, in ’n vuis­ge­veg be­trok­ke was. Hul­le is nie skul­dig be­vind op ’n klag van po­ging tot moord nie.

Die hof het ge­hoor dat die twee be­skul­dig­des ’n dran­kie by ’n kuier­plek bui­te die dorp ge­drink het, toe die vuis­ge­veg uit­ge­breek het. Peet Ober­hol­zer is glo met ’n glas teen die kant van die kop ge­slaan terwyl sy broer Jacques ge­slaan is en be­wus­te­loos op die vloer ge­val het. Hy is glo teen die kop ge­skop ter­wyl hy op die grond ge­lê het.

Die hof het ge­tuie­nis aan­ge­hoor oor die erns van Jacques se be­se­rings. Hy is die vol­gen­de dag in die hos­pi­taal op­ge­neem en het ’n nood­ope­ra­sie on­der­gaan weens ske­del­breuk en trau­ma teen die kop.

Lot­te­ring is skul­dig be­vind op twee aanklag­te van aan­ran­ding met die doel om ern­stig te be­seer en Jacobs op een aanklag. Hul­le het op­ge­skor­te von­nis­se van vyf jaar op elk­een van die aanklag­te ont­vang. Albei is on­be­voeg ver­klaar om ’n vuurwa­pen te be­sit.

In sy uit­spraak het land­dros Pie­ter Man­tha­ta ge­sê hy glo nie dat hul­le moord wou pleeg nie, maar dat hul­le moes kon voor­sien dat ’n har­de hou teen iemand se kop tot hul dood kon lei.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button