CrimeNews

Polisie kry snuf in die neus oor rooftog

Die Be­la-Be­la-po­li­sie het snuf in die neus oor ’n roof­tog wat glo op Vry­dag 24 Jan­ua­rie op die N1-snel­weg plaas­ge­vind het.

Daar is die afgelope twee jaar verskeie rooftogte op die N1 in die Be­la-Be­la-omgewing aangemeld en min van dié sake het tot inhegtenisnemings gelei.

Sers. Frans Ma­pon­ya, po­li­sie­woord­voer­der, het ge­sê in die jongste voorval was ’n mi­ni­bus vol pas­sa­siers on­der­weg van Houg­hton in Johannes­burg na Zim­bab­we toe die bussie teen ongeveer 00:23 ’n pap wiel gekry het. Die bussie het naby die Man­tsole-weeg­brug stilgehou. Die be­stuur­der en sy af­los­be­stuur­der het uit­ge­klim om die band te ver­vang.

Drie ge­wa­pen­de ro­wers het skeilik uit die bos­se te voorskyn ­ge­kom en die groep mense aan­ge­hou.

Ma­pon­ya sê die rowers het sko­te af­ge­vuur en die twee be­stuur­ders het per voet in die rigting van Radium gevlug. Die ro­wers het daarna die pas­sa­siers van hul be­sit­tings en kon­tant be­roof voor­dat hul­le ge­vlug het. Die polisie sê hulle het weggekom met ’n geraamde kon­tant­be­drag van R108 000.

Ma­pon­ya sê daar is ’n moont­lik­heid dat die ver­dag­tes voor­af in­ge­lig is om op ’n se­ke­re tyd en plek toe te slaan, ­hoe­wel dit op hier­die sta­dium nie be­ves­tig kan word nie.

Die mees­te van die pas­sa­siers is van Zim­bab­we en hulle reis gewoonlik met groot kontant­bedrae (in Suid-Afrikaanse geldeenheid). Een van dié pas­sa­siers het glo bykans R60 000 by haar gehad, het Ma­pon­ya ge­sê.

Die polisie het agterdogtig geraak omdat die selfoon van een van die twee bestuurders se vrou nie gebuit is nie en sy ná die rooftog haar man kon bel, het Ma­pon­ya gesê.

Dié N1-roof­tog is die eers­te een wat vanjaar in die Be­la-Be­la-omgewing plaas­ge­vind het. Geen voor­val­le is in De­sem­ber aangemeld nie.

Die po­li­sie on­der­soek ’n saak van ge­wa­pen­de roof.

Related Articles

Back to top button