CrimeNews

Buurt­wag het groot planne

Die Nood­hulp-buurt­wag bui­te Be­la-Be­la is in die pro­ses om te her­struk­tu­reer en die bestuursplan asook werkswyse van hoe lede tydens ’n misdaad moet optree, word her­sien.

Nean van Zyl,’n sek­tor­lei­er in die ge­bied, het by na­vraag ge­sê die buurt­wag het se­dert De­sem­ber 2019 goeie vor­de­ring ge­maak om die nuwe be­stuur in plek te kry.

Tydens die ge­meen­skaps­ver­ga­de­ring gaan Nood­hulp-in­wo­ners meer inligting kan bekom oor krag­onder­brek­ings wat hul vei­lig­heid kan raak. Inwoners moet al­ter­na­tiewe stel­sels in plek hê om paraat te kan wees. Die skakeling met die po­li­sie is ook op die agenda en die same­stel­ling van ’n ledelys wat be­reid is om ge­reeld pa­trol­lies sal ry, moet aan­dag geniet.

“Daar was on­langs ver­skeie misdaadvoor­val­le waaronder roof, vee­- en voer­tuig­dief­stal en betreding. Om ons eie lede op Nood­hulp se veilig­heid te ver­beter, is dit noodsaaklik om die buurt­wag te laat her­lewe. Mis­daad in enige a­rea spoel oor na die aan­grensende gebiede toe,” het hy ge­sê.

Die buurt­wag se funk­sie is om die oë en o­re van die po­li­sie te wees.

“Weens die po­li­sie se be­perk­te hulp­bro­nne is die ge­meen­skap ge­nood­saak om hand in eie boe­sem te steek en self die buurt vei­li­ger te maak. An­der buurt­wag­te in die om­ge­wing het met baie groot suk­ses die mis­daad in hul­le ge­bied tot die mi­ni­mum be­perk.”

Die buurt­wag is van plan om by die Ge­meen­skap­po­li­sië­rings­fo­rum (GPF) in te ska­kel, en in die toekoms as ’n Af­ri­Fo­rum-buurt­wag er­ken te word.

Die beplande al­ge­me­ne jaar­ver­ga­de­ring gaan op Sa­ter­dag 8 Fe­brua­rie om 15:00 in Nood­hulp plaas­vind. Nood­hulp-in­wo­ners word ver­soek om hier­die be­lang­rike ver­ga­de­ring by te woon. Die venue moet nog be­ves­tig word.

Vir na­vrae kan men­se vir Jan Jon­ker bel by tel. 082 454 9272 of vir Chris Briel by tel. 084 919 5990.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button