CrimeNews

Verdagte vas ná wrede aanval op afgetrede veeartse

’n Ver­dag­te wat moont­lik be­trok­ke was by die aan­val meer as ’n jaar ge­le­de op drs. Her­cu en Les­ley van Niekerk in die Boe­ken­hout-om­ge­wing buite Modimolle, is die af­ge­lo­pe week aan­ge­keer.

Die twee af­getre­de vee­art­se is op Vry­dag­og­gend 15 Ju­­nie 2018 deur vier mans oor­val toe hul­le vroeg­og­gend voer vir hul die­re uit­ge­sit het. Hulle plaas is tus­sen Mo­di­mol­le en Mook­go­phong ge­leë.

Les­ley (toe 63) was in ’n kri­­tie­­ke toe­stand na­dat sy in die maag ge­wond is en is per he­li­kop­ter hos­pi­taal toe ge­neem. Haar man en ’n wer­ker wat by hul­le was, Abram Khe­thi­sa, was on­ge­deerd. ’n Groot­skeepse soek­tog het na die aan­val ge­volg.

 

Die Modi­mol­le-polisie en Heritage Protection Group (HPG) het die af­ge­lo­pe week ’n man (onder) by dié huis in Mook­gophong aangekeer in verband met die koel­bloedige aanval op twee afgetrede veeartse in 2018 buite Modimolle. Foto’s: Heritage Protection Group (HPG)

 

Een van die Van Niekerks se getroue wag­honde is ook deur die aan­vallers dood­geskiet.

Die aan­val­lers het in die rigting van Crecy met die eg­paar se To­yo­ta-bak­kie ge­vlug met geld en wa­pens wat gebuit is.

 

 

Die Heritage Protection Group (HPG), in same­wer­king met die Mo­di­mol­le-speur­tak, het eg­ter die af­ge­lo­pe week in­lig­ting op­ge­volg en Dhu­mi­sa­ni Man­ziyo is op Maan­dag 13 Ja­nua­rie om 23:00 by ’n huis in Mook­go­phong aan­ge­keer.

Volgens AO James Find­lay, woord­voer­der van die Mo­di­mol­le-po­li­sie, word hy deur DNA-mate­riaal wat op die to­neel ge­vind is met die mis­daad ver­bind. AO Ross Ros­souw het hom in heg­te­nis ge­neem.
Man­ziyo, ’n Zim­bab­wie­se bur­ger, sou op Woens­dag 15 Ja­nua­rie, in die hof op Mo­di­mol­le ver­skyn.

Related Articles

Back to top button