CrimeNews

Misdaad in Mookgophong ontstellend

Misdaad in Mook­gophong se sektor 1 het die afge­lope va­kansie toege­neem.

Volgens AO George Le­dwaba van die polisie in Mook­go­phong is daar iemand dood in ’n skiet­voor­val op Dinsdag 31 Desember en nog iemand op Woensdag 1 Januarie in ’n mes­aan­val.

Albei verdagtes in die twee voor­valle het op Dinsdag 7 Januarie in die hof in Mook­go­phong verskyn op aan­klag van moord. Thapelo Themba is aangekla van moord wat verband hou met die skiet­voor­val by ’n huis in sektor 1 waar ’n jong kind gesterf het. Hy het na bewe­ring skote afgevuur en die kind nood­lottig getref. Themba moet weer op Woens­dag 15 Januarie in die hof verskyn. Geen borg­tog is aan hom toege­staan nie.

 

AO George Ledwaba by die krag­opwek­ker wat by ’n kerk in Mook­go­phong gesteel is.

 

In die mesaan­val is ’n man dood nadat hy glo by ’n kuier­plek aange­val is. Die name van die ver­dagte en die oor­ledene kon teen druktyd nie ver­skaf word nie.

In nog ’n voorval is ’n kerk glo geplunder en ver­skeie musiek­instru­mente en ’n krag­op­wekker gesteel. Vyf ver­dagtes is aange­keer en het op Dins­dag 7 Januarie in die hof in Mook­go­phong verskyn. Vier van die ver­dagtes is op borgtog van R500 elk vry­gelaat. Die vyfde ver­dagte is borg­tog geweier.

In nog ’n voor­val is ’n inwo­ner aange­keer toe hy op heter­daad betrap is waar hy diesel uit ’n vrag­motor van ’n bekende ­winkel­groep getap en verkoop het. Die vrag­motor was agter KFC in die dorp geparkeer toe die polisie toe­geslaan het. Die verdagte is vry­gelaat nadat hy ’n skuld­erken­nings­boete van R1 000 betaal het. Volgens Ledwaba is daar in ’n opvolg­onder­soek daarna nog ’n man in sektor 1 in hegte­nis geneem op aanklag van die besit van vermoedelik gesteelde diesel.

Related Articles

Back to top button