CrimeNews

Man by kitsbank aangerand

’n Man van Mook­go­phong is reeds langer as ’n week in die hos­pi­taal nadat hy by ’n kits­bank in die dorp tydens ’n mislukte roof­tog beseer is.

Christo Grob­belaar (60) is op Maan­dag­aand 30 Desember na die Standard Bank-kitsbank om sy broer se pen­sioen­geld te onttrek. Volgens Grob­belaar het hy omstreeks 20:00 by die kitsbank aangekom toe ’n donker­kleurige motor ’n entjie van hom af stilge­hou het.

“Ek het nie veel aandag gegee aan die twee mans wat agter my verby­geloop het na die derde hokkie toe nie,” het hy gesê.

Die kitsbank waar hy gestaan het, was buite werking en hy het na ’n ander hokkie ver­skuif. Grobbelaar het die mans glo gevra of die een waar hulle is, wel in ’n wer­kende toestand is. Albei die mans het na hom toe gekom en begin om die kansel­leer­knoppie aan­houdend te druk. Een van die mans het hom gevra om sy kaart te oor­han­dig, maar Grobbe­laar het geweier en gevra hulle moet hom uitlos. Die twee is toe daar weg.

Grobbelaar het ’n bedrag vir sy broer en hom­self onttrek en die geld in sy rug­sak gesit. Net daarna het ’n deftig­geklede man hom genader en Grob­belaar het sy skok­stok (tazer) uitgehaal en aan die man gewys.

“Ek het vir hom gesê dit is wat ek ge­bruik as iemand my wil beroof.”

Grobbelaar het sy rugsak in sy linker­hand gehad en was reeds by sy motor toe dieselfde man die rug­sak van agter gegryp het. Die skok­stok was toe reeds in die sak en Grobbe­laar het probeer om dit in die hande te kry. Daar was ’n oor-en-weer geruk, maar Grobbelaar wou nie besgee nie.

Die man het die bande van die rugsak afgeruk en toe die aftog geblaas. Grobbelaar het in die proses geval en kon nie weer op­staan nie. Hy het ’n vriend, Johan Du Preez, gebel wat hom na ’n naby­geleë kliniek geneem het. Hy is daar­na na die Voor­trekker-hos­pitaal en later na die Moko­pane-hospitaal oorge­plaas.

“Ek lê reeds twee week in traksie en ver­moed my femur is op twee plekke gebreek,” het hy gesê.

Volgens Grob­belaar kon hy nog nie ’n klag by die polisie in­dien nie en geen verkla­rings is by hom afge­neem nie.

Kobus van Loggeren­berg, voor­sitter van die GPF in Mook­gophong, en AO George Ledwa­ba, polisie­woordvoerder, het mense in reaksie op dié voor­val gemaan om nie ná donker alleen van kits­banke gebruik te maak nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button