CrimeNews

Boewe staan tou op Swart Vrydag

In­bre­kers het ge­hoop om ook voor­deel te trek uit die gre­ti­ge ­ko­pery van Swart Vry­dag toe hulle by die OK Furniture-win­kel in die Mo­di Mall in­ge­breek het.

Vol­gens AO James Find­lay, woord­voer­der van die Mo­di­mol­le-po­li­sie, het ’n on­be­ken­de aan­tal in­bre­kers deur die win­kel se dak in­ge­breek en een van die klui­se met ’n sleu­tel oop­ge­sluit. Hul­le het daar­na op die vlug ge­slaan met R10 000 kon­tant.

Die voor­val het ver­moe­de­lik ge­du­ren­de die nag­te­li­ke ure van Sater­dag 30 No­vem­ber of vroeë og­gend­ure van Son­dag ge­beur. Die werk­ne­mers het on­raad ver­moed toe hul­le die win­kel Son­dag oop­ge­sluit het. Nie­mand is nog in heg­te­nis ge­neem nie.

“Die po­li­sie het die to­neel weer be­soek om al die lei­dra­de op te volg. Die on­der­soek duur voort,” het Find­lay ge­sê.

Een van die mo­tor­wag­te na­by die win­kel het ge­sê dat hul­le vanjaar op hul hoe­de is om­dat mis­daad gewoonlik toeneem.

“Ons is net dank­baar dat hul­le nie ge­du­ren­de die dag met wa­pens op­ge­daag het nie,” het hy ge­sê.

Related Articles

Back to top button