CrimeNews

Bly só veilig tydens die feestyd

AfriForum het die volgende veiligheidswenke vir inwoners en vakansiegangers vrygestel om veiliger te wees tydens die feesseisoen:

  • Toets jou alarmstelsel en sorg dat die persoon wat na jou huis kyk, weet hoe die stelsel werk.
  • Stoor asblikke veilig weg.
  • Sorg dat jou bure jou kontakbesonderhede het, asook van die mense wat na jou woning en diere kyk.
  • Stel jou bure in kennis wanneer jy vertrek en wanneer jy terugkeer.
  • Moenie op openbare groepe vertel dat jy weggaan vir die vakansie nie.
  • Sorg dat buiteligte en sensors in ’n werkende toestand is.
  • Gebruik ligte in die huis wat aan tydskakelaars gekoppel is.
  • Moenie selfone of beursies in jou agterste broeksak ronddra nie.
  • Moenie groot bedrae kontant saam met jou ronddra nie.
  • Hou jou handsak op jou skoot wanneer jy in ’n restaurant eet.
  • As jy probleme by ’n kitsbank met jou bankkaart ervaar, skakel die bank en kanselleer die kaart.
  • Sluit waardevolle items in ’n kluis toe.
  • Maak seker dat jou televisie en elektroniese toestelle nie van buite sigbaar is nie.
  • Sluit elektroniese toestelle op ’n veilige plek toe.
  • Maak seker dat jy nie agtervolg word wanneer jy iemand by die lughawe op- of aflaai nie.
  • Moenie enige sleutels buite jou huis wegsteek nie.
  • Bêre alle tuingereedskap, stoele en tuinslange.
  • Installeer geslote baankameras en koppel dit aan jou slimfoon.
  • Maak seker dat jou elektriese heining en motorhek in ’n werkende toestand is.
  • Maak seker dat alle slotte, deure, vensters en veiligheidshekke behoorlik toe is.
  • Reël dat iemand jou tuin versorg terwyl jy op vakansie is.
  • Snoei plante naby jou elektriese heining.
  • Sluit motors en motorfietse toe.
  • Moenie voertuigsleutels op plekke los waar dit maklik bereik kan word nie.
  • Toets jou voertuig se opsporingstelsel.
  • Pak en laai vir die vakansie waar niemand jou kan sien nie.
  • Moenie langs die pad stilhou tensy jy seker is dat dit veilig is nie.
  • Gebruik sensorligte.
  • Maak seker dat areas naby ingange en kamervensters goed belig is.
  • Vra iemand om pos uit jou posbus te verwyder en staak alle koerantaflewerings.
  • Maak seker dat jou hek nie van sy spoor af gelig kan word nie.
  • Kyk dat daar nie vermiste panele, gate of vreemde voorwerpe in jou heining is nie.
  • Snoei bome en struike naby die ingange na jou eiendom of langs elektriese heinings.
  • Maak jou posbus daagliks leeg.
  • Koppel jou alarmstelsel aan ’n reaksie-eenheid.
  • Toets alle noodknoppies.
  • Sluit altyd jou voertuig se deure.
  • Moenie waardevolle items in jou voertuig los waar almal dit kan sien nie.
  • Moenie vensters naby bedkassies oop los nie.
  • Moenie elke dag dieselfde roete volg nie.
  • Wees waaksaam as jy by jou hek stilhou.
  • As jy gekaap word, volg die kaper se instruksies en moet hulle nie in die gesig kyk of met hulle stry nie.
  • Moenie die verpakking van waardevolle toestelle in die straat langs die asblik plaas nie.
  • Moenie saans uitgaan as jy iets buite hoor nie.
  • Moenie werkers op straathoeke in diens neem nie.
  • Laat jou honde in die huis slaap en kyk vir gif in die erf.
  • Meld enige verdagte persoon by die onderskeie veiligheidstrukture aan.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button