CrimeNews

Bela-Bela-vrou vermoor

Die huis was ontsettend deur­me­kaar wat ’n aan­dui­ding kan wees van ’n stryery vooraf.

Die Be­la-Be­la-po­li­sie on­der­soek ’n saak van moord na­dat ’n vrou van Spa Park glo die afge­lope naweek in haar huis met skerp voor­werpe dood­ge­steek is.

Vol­gens sers. Frans Ma­pon­ya, Be­la-Be­la-po­li­sie­woord­voer­der, het Rai­si­be Do­rah Aschen­dorff (58) se seun Sa­ter­dagmiddag 30 Novem­ber op sy ma se lyk in haar kamer afgekom.

Ma­pon­ya het gesê die seun, wie se i­den­ti­teit nie be­kend is nie, het glo sy ma die vorige aand gebel. Sy het glo aan hom gesê dat haar kêrel saam met haar by die huis is, waarna hy besluit het om nie dié aand by sy ma se huis in Hoep-Hoep­straat oor te bly nie.

Volgens Maponya is die kêrel na bewering op die betrokke aand toegang tot Aschen­dorff se huis geweier waarop hy toegang deur ’n bad­ka­mer­vens­ter verkry het. Wat presies daarna gebeur het, is nog nie duidelik nie. Die kêrel is volgens die polisie van die Ven­da-om­ge­wing. Hy het vroeër in Be­la-Be­la ge­werk, maar het intussen spoor­loos ver­dwyn.

“Die po­li­sie het beslag gelê op twee mes­se en ’n kom­buis­vurk wat vermoedelik ge­bruik is om haar dood te steek,” het Maponya gesê.

Hy het ge­sê die huis was ontsettend deur­me­kaar wat ’n aan­dui­ding kan wees van ’n stryery vooraf.

E­nig­ie­mand wat in­lig­ting oor die voor­val het of weet waar die man hom bevind, word gevra om die Be­la-Be­la-po­li­sie te skakel by tel. (014) 736 9760/9761.

Related Articles

Back to top button