CrimeNews

Man weer in hof oor vloeistof in munisipale kliëntedienssentrum

Kekae het glo by die kliëntedienssentrum opgedaag en die personeel oor diensleweringsprobleme uitgeskel voordat hy die vloeistof uitgegooi het.

Die ontstoke inwoner van Bela-Bela wat glo op Maandag 4 November ’n vloeistof wat soos petrol geruik het in die kliëntedienssentrum van die Bela-Bela-munisipaliteit uitgegooi het, het die afgelope week weer vlugtig in die hof verskyn.

Lucky Kekae (47) is op Dinsdag 5 November in hegtenis geneem en aangekla van kwaadwillige saakbeskadiging.

Kekae het glo by die kliëntedienssentrum opgedaag en die personeel oor diensleweringsprobleme uitgeskel voordat hy die vloeistof uitgegooi het.

Van die vloeistof het glo op van die personeellede beland. ’n Woordvoerder van die munisipaliteit het vroeër aan Die Pos gesê mense was só ontsteld dat hulle berading moes ontvang.

Die munisipale gebou was ook vir etlike ure vir die publiek gesluit.

Die Bela-Blea-landdroshof het Kekae op borgtog van R500 vrygelaat. Die saak is na Vrydag 13 Desember uitgestel.

Kekae het aangedui dat hy sy eie verdediging sal hanteer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button