CrimeNews

Nommer, asseblief! Nuwe radio versnel kommunikasie

AO Pieter Booyse en AO Ockert du Plessis van die Modimolle-polisie saam met Raynard Burger van die radiobystand-netwerk en kapt. Phineas Mathloko, bevelvoerder van die Modimolle-aanklagkantoor, by die nuwe radio.

Die Modimolle-polisie hoop dat hul nuwe hoëbandradio die kommunikasie tussen die polisie, gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), Wasps-veiligheidsgroep en die Heritage Protection Group (HPG) blitsvinnig sal maak.

In ’n noodgeval is die reaksietyd van mense wat hulp moet verleen lewensbelangrik.

Dié radio, wat deur die radiobystandnetwerk geskenk is, is langs die polisie se noodradio in die aanklagkantoor.

“Wanneer dringende inligting deurkom, kan die beampte aan diens onmiddellik die polisieradio gebruik om die naaste patrollievoertuig te laat weet. Ons kan ook waarskuwings na veiligheidsgroepe stuur,” het AO Pieter Booyse van die polisie se landelike veiligheid gesê.

“Soms bel inwoners my direk en dan moet ek ’n aantal oproepe maak om ander te laat weet wat aangaan en waar hulp benodig word. Dit neem baie tyd in beslag en in ’n noodgeval is tyd kosbaar,” het hy gesê.

Dié radio sal ook help dat al die groepe se optredes gekoördineer word tydens ’n optrede.

“Aanvalle op plase is dikwels in gebiede waar daar swak selfoonopvangs is. Die radio, wat inligting onmiddellik aan die lede van al die verskillende groepe deurgee, sal in só geval ’n groot verskil kan maak.

Booyse het gesê daar is sowat 200 radiogebruikers in die omgewing. In krisistye is die radio’s steeds die doeltreffendse en vinnigste manier van kommunikasie. Die tegnologie is al só gevorderd dat ’n mens slegs die knoppie twee keer hoef te druk en ander radio’s sal weet van waar die hulproep kom,” het hy gesê.

Dit was volgens hom presies wat gebeur het tydens ’n plaasaanval in 2018.

“Hierdie radio is slegs vir noodgevalle. Inwoners met klagtes sal steeds die polisiestasie moet skakel,” het gesê.

Related Articles

Back to top button