CrimeNews

Bela-Bela het genoeg polisievoertuie

Die tekort aan voer­tuie by talle polisie­stasies land­wyd word meest­al toe­­ge­skryf aan ver­tra­gings by die instand­hou­dings­afde­ling, voer­tuie wat af­ge­skryf word en knypende geld­sake.

Die DA het tydens die parlementsitting in September antwoorde geëis oor die aantal beskik­bare po­li­sie­voer­tui­e in Lim­po­po.

De­si­ree van der Walt, LP en die DA se Wa­ter­berg-kies­af­de­lings­hoof, het genl. Bhe­ki Ce­le, mi­nis­ter van po­li­sie, hier­oor uit­ge­vra.

Ce­le het in re­ak­sie ge­sê daar is altesame 450 po­li­sie­voer­tui­e in die Tza­neen-, Gro­ter Le­ta­ba-, Ba-Pha­la­bor­wa-, Tha­ba­zim­bi-, Ma­ru­leng- en Be­la-Be­la-omge­wing be­skik­baar.

Die po­li­sie­sta­sies wat min­der as 10 voer­tui­e het, sluit in Hae­nerts­burg, Mok­wak­wai­la, Rooi­berg, Rust de Win­ter, Tuin­plaas, Cum­ber­land, Dwaal­boom en Hoop­dal.

Die Gy­a­ni-po­li­sie­sta­sie het die mees­te voer­tui­e (55) met Tza­neen 38, Maa­ke 29, Ma­la­mu­le­le 28, Ri­ta­vi 25 en Be­la-Be­la 22, het Ce­le gesê.

Die po­li­sie­sta­sies wat meer as 10, maar min­der as 20 voer­tui­e be­skik­baar het, is Bo­le­be­du, Let­si­te­le, Mod­jad­jis­kloof, Hlan­ga­na­ni, Sek­go­se­se, Grave­lotte, Hoed­spruit, Lu­le­ka­ni, Na­mak­ga­le, Pha­la­bor­wa, Pie­naars­ri­vier, Nor­tham en Tha­ba­zim­bi. Die Nyl­stroom-streek, waar­onder Modi­molle, Mook­go­phong en Vaal­water val, se syfers is nie bekend gemaak nie.

Ce­le het voorts gesê dat dié 450 polisievoertuie nie voldoende is vir die on­der­skei­e sta­sies in Limpopo nie.

Die po­li­sie­sta­sies met die groot­ste te­kort is Bo­lo­b­edu (14), Na­mak­ga­le (10) en Pha­la­bor­wa (10).

Die an­der po­li­sie­sta­sies se te­kor­te wis­sel tus­sen een tot se­we voer­tui­e.

Cele het gesê al­le voer­tui­e word een ­keer per week deur die ­sta­sie­be­vel­voer­ders na­ge­gaan vir teg­nie­se- en pad­waar­dig­heid­spro­bl­eme.

’n Bron in die po­li­sie het by navraag aan Die Pos ge­sê die voer­tuie wat aan elke stasie toege­wys word, word nie net vir mis­daad­voor­ko­ming aangewend nie, maar vir alle afdelings soos admini­strasie en logis­tieke bestuur ook.

Die bron het voorts gesê die tekort aan voer­tuie word meest­al toe­ge­skryf aan die “tyd­same” in­stand­houdings­pro­ses, voer­tuie wat af­ge­skryf word of voer­tui­e wat eers ver­vang kan word so­dra die po­li­sie se be­gro­ting dit in die nu­we boekjaar toe­laat.

Van der Walt het in ’n media­ver­kla­ring ’n be­roep op die LUR van vervoer en ge­meen­skaps­vei­lig­heid, Na­ma­ne Ma­se­mo­la, ge­doen om meer voer­tui­e aan die po­li­sie be­skik­baar te stel. “Statistieke toon misdaad neem tydens die fees­seisoen toe en polisie­beamp­tes kan nie mis­daad­voor­koming voldoende toepas indien daar onvol­doen­de voer­tuie is nie.

Related Articles

Back to top button